Anna Pavlova

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Anna Pavlovna Pavlova
Anna pavlova kokoshnik.jpeg
Anna Pavlova
Geboorte 12 Februarie 1881
Ligowo, Sint Petersburg, Rusland
Afsterwe 23 Januarie 1931
Den Haag, Nederland
Beroep(e) Ballerina en filantroop
Genre(s) Klassieke ballet
Aktiewe jare 1891 - 1931
Assosiasies Ballets Russes
Portal.svg Musiekportaal

Anna Pavlovna Pavlova (Russies: Анна Павловна Павлова, eintlik Анна Матвеевна Павлова Anna Matvejevna Pavlova) was 'n Russiese meesterdanseres van klassieke ballet wat in die laat 19de en vroeë 20ste eeu as een van die hoofdansers van die Sint Petersburgse Mariinskiteater se Keiserlike Russiese Ballet en Sergei Diaghilef se Ballets Russes opgetree het.

Anna Pavlova is aangewys as die wêreld se beste ballerina wat veral met haar eteriese solodans Die Sterwende Swaan in Tsjaikofsi se Swanemeer internasionale bekendheid verwerf het. Met haar eie balletgeselskap was sy die eerste ballerina wat 'n wêreldtoer begin het. In 1925 het sy in die ou Kaapstadse operahuis opgetree.