Bell P-39 Airacobra
Bell P-39 Airacobra | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Bell Aircraft |
Nooiensvlug | 6 April 1938 |
Bekendstelling | 1941 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Lugmag Russiese Lugmag Britse Lugmag |
Vervaardig | 940 – Mei 1944 |
Aantal gebou | 9 588 |
Die Bell P-39 Airacobra was 'n vegvliegtuig wat deur die Amerikaanse Lugmag gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was 'n eensitplek, monovlerk vliegtuig en die eerste vegvliegtuig wat met 'n driewiel (instede van 'n stertwiel) raamwerk gebou is. Die motor was agter die kajuit van die vlieënier geïnstalleer, omrede daar 'n groot 37 mm kanon is wat deur die skroef se naaf skiet; tewens die hele vliegtuig was rondom die kanon ontwerp.
Die eerste bestelling is van die Franse Lugmag ontvang, maar na die oorgawe van Frankryk is dit aan die Britse Lugmag afgelewer. Die Airacobra is in Februarie 1941 deur die United States Army Air Forces in diens gestel. In September 1941 is 601 Eskader van die Britse Lugmag met die Bell P-39 Airacobra toegerus.
Die Airacobra was egter nie met 'n turboaanjaer toegerus nie, wat sy verrigtingsvermoë negatief beïnvloed het. Die vliegtuig is dus van Oktober tot Desember 1941 net vir grondaanvalle gebruik deur die Britse Lugmag. Die USAAF het egter die vliegtuig met 'n redelike mate van sukses in Noord-Afrika gebruik. Daar is ook 5 000 van die vliegtuie aan Rusland verskaf, wat dit gebruik het vir grondaanvalle.
Van 1942 tot 1944 was die Airacobra tesame met die Curtiss P-40 Warhawk die voorste vegters vir die USAAF.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Allison V-1710-83 inlyn suierenjin |
Kraglewering per motor | 1 200 perdekrag |
Vlerkspan | 10,36 m |
Lengte | 9,19 m |
Hoogte | 3,61 m |
Vlerkoppervlakte | 19,79 m2 |
Maksimum opstygmassa | 3 810 kg |
Maksimum snelheid | 621 km/h |
Operasionele hoogte | 10 970 m |
Togafstand | 1 046 km |
Klimvermoë | 4 575 m in 4 minute, 30 sekondes. |
Bewapening | Een 37 mm kanon twee 12.7 mm en vier 7.62 mm masjiengewere |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9