Max Immelmann

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Max Immelmann
21 September 1890 – 18 Junie 1916 (25 jaar oud)
Max Immelmann

Geboorteplek Dresden, Duitsland
Plek van afsterwe Sallaumines, Frankryk
Lojaliteit Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk
Diens/Tak Luftstreitkräfte
Jare in diens 1911 - 1912 (weermag), 1914 - 1916 (lugmag)
Rang Oberleutnant
Eenheid Eisenbahnregiment Nr. 2, Eisenbahnregiment Nr. 1, FEA 2, FFA 10, FAA 62
Veldslae/oorloë Eerste Wêreldoorlog
Max Immelmann in sy Fokker E.I

Max Immelmann (21 September, 1890 - Julie, 1916) was 'n Duitse bobaasvlieënier van die Eerste Wêreldoorlog. Immelmann is in Dresden, Duitsland gebore. As kind kom hy na Suid-Afrika, en word in Uitenhage groot.

Hy keer terug na Duitsland en sluit aan by die Luftwaffe. Hy behaal op 1 Augustus 1915 sy eerste oorwinning in 'n Fokker Eindecker, ook die vliegtuig se eerste oorwinning.[1] Hy behaal uiteindelik 15 oorwinnings aan die westelike front en word 'n volksheld. Met buitengewone toeval word hy in Julie 1916 deur kaptein G.R. McGubbin, 'n Suid-Afrikaner en lid van die Britse Vliegkorps, neergeskiet.

Majoor Allister Miller is gekies om 'n krans op sy graf te lê.

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. * Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9