Boipatong

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Boipatong
Ligging van Boipatong op 'n kaart (Suid-Afrika)
Boipatong
Boipatong
Ligging van Boipatong op 'n kaart (Gauteng)
Boipatong
Boipatong
Koördinate: 26°40′S 27°51′O / 26.667°S 27.850°O / -26.667; 27.850Koördinate: 26°40′S 27°51′O / 26.667°S 27.850°O / -26.667; 27.850
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Stigting 1955
Bevolking (2011)
 - Dorp 22 168
Tydsone SAST (UTC+2)

Boipatong is 'n township in suidelike Gauteng, Suid-Afrika. Dit is in 1955 gestig. Volgens die 2011-sensus het die township 'n bevolking van 22 168 gehad.[1] Die meerderheid van die bevolking praat Suid-Sotho. Die plek se naam beteken "wegkruipplek" in Suid-Sotho.

Boipatong-slagting[wysig | wysig bron]

Die Boipatong-slagting het die nag van 17 Junie 1992 hier plaasgevind. Tydens die slagting het honderde plaaslike hostelbewoners van die IVP, ondersteuners van die ANC in die woongebied aangeval. Altesaam 45 mense is in die voorval gedood en 'n verdere 27 is ernstig beseer. Lede van die destydse SA Polisiediens is van betrokkenheid verdink. Ná dié slagting is samesprekings tussen die ANC en die Nasionale Party-regering opgeskort, maar dit is na die Bhisho-slagting in September van dieselfde jaar hervat.[2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 2011-sensus in Suid-Afrika (Boipatong)
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8