Bolzano

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Bozen
Bolzano
Balsan / Bulsan
Kornplatz Bozen 2015.jpg

Kaart Wapen
Location of Bozen (Italy).png
ITA Bozen-Bolzano COA.svg
Vlag
Flag of None.svg
 Land Vlag van Italië Italië
 Administratiewe gewes Flag of Trentino-South Tyrol.svg Trentino-Suid-Tirol
 Provinsie Flag of South Tyrol.svg Suid-Tirol
 Koördinate 46°30′N 11°21′O / 46.500°N 11.350°O / 46.500; 11.350
 Stigting Omstreeks 500 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 52,3 vk km
 Hoogte bo seevlak 262 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2016) 106 951
 - Bevolkingsdigtheid 2045/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Somertyd UTC +2 (MET)
 Burgemeester Renzo Caramaschi
 Amptelike Webwerf gemeinde.bozen.it

Bozen of Bolzano (Italiaans: Bolzano, Duits: Bozen, Ladinies: Balsan/Bulsan) is die hoofstad en grootste stad van die outonome provinsie Suid-Tirol in die outonome gewes Trentino-Suid-Tirol (Italië) met 'n bevolking van 106 951 (soos op 31 Desember 2016) en 'n oppervlakte van 52,3 km². Bozen is geleë langs die Brennerroete, wat Noord- en Suid-Europa met mekaar verbind, en by die samevloeiing van die Etsch- en Eisackriviere.Die belangrikste huistale is Italiaans (73%), Duits (26,29%) en Ladinies (0,71%). As bikulturele stad met Noord-Europese en Mediterreense invloede vervul Bozen 'n belangrike funksie as 'n ontmoetplek vir die Duits- en Italiaanssprekende kultuur- en sakewêreld.

Bozen is een van die grootste stedelike nedersettings in die Alpegebied, setel van die Suid-Tiroolse regering en parlement, sedert 1964 biskopsetel van die nuutgestigte Rooms-Katolieke diosese Bozen-Brixen en sedert 1997 ook setel van 'n universiteit - die Freie Universität Bozen (met Duits, Italiaans en Ladinies as onderrigmedia).