Breëband-ghieliemientjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Breëband-ghieliemientjie
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Barbus
Spesie: B. macrotaenia
Binomiale naam
Barbus macrotaenia
Worthington, 1933

Die Breëband-ghieliemientjie (Barbus macrotaenia) is 'n varswater vis wat voorkom in die onderste gedeelte van die Zambezirivier, die Pungwerivier en Malawimeer. In Engels staan die vis bekend as Broadband barb.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis is deurskynend grys en silwer aan die onderkant. Daar is 'n reguit, breë swart streep vanaf die snoet tot by die basis van die stertvin en daar is ook 'n swart kol op die basis van die analevin. Die lyf is kort, die sylyn volledig en daar is twee pare baarde om die mond. Mannetjies ontwikkel tuberkels op die snoet gedurende die broeityd. Die vis word tot 40 mm lank.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in moerasagtige omgewings.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]