11 Julie
Voorkoms
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
11 Julie is die 192ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (193ste in skrikkeljare). Daar volg nog 173 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1476 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Coutance.
- 1742 – Pous Benedictus XIV publiseer "Ex quo singulari" teen die akkommodasie van heidense praktyke.
- 1803 – Pous Pius VII stel Antonio Despuig y Dameto, titulêr patriarg van Antiochië en Pierfrancesco Galleffi, kanunnik van die Vatikaanse basiliek aan as kardinale.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slagte van Silkaatsnek, Dwarsvlei en Onderstepoort vind plaas.
- 1979 – Die NASA ruimtetuig Skylab brand uit in die Aarde se atmosfeer.
- 2012 – Die Hubble-ruimteteleskoop ontdek die vyfde natuurlike satelliet van die dwergplaneet Pluto, Styx.
- 2021 – Onrus breek in KwaZulu-Natal en Gauteng uit wat spoedig tot wydverspreide plundering in die provinsies lei.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1767 – John Quincy Adams, die 6de President van die Verenigde State († 1848).
- 1888 – Carl Schmitt, Duitse politieke filosoof († 1985).
- 1904 – Anna Rothmann, Afrikaanse skrywer en die dogter van M.E.R. († 2000).
- 1912 – Sergiu Celibidache, Romeense orkesdirigent en komponis († 1996).
- 1920 – Yul Brynner, Amerikaanse akteur († 1985).
- 1921 – Ilse Werner, Duitse aktrise en sangeres († 2005).
- 1929 – Theuns Briers, Springbokrugbyspeler († 2018).
- 1932 – Hans van Manen, Nederlandse choreograaf.
- 1934 – Giorgio Armani, Italiaanse klereontwerper.
- 1950 – Bruce McGill, Amerikaanse akteur.
- 1953 – Mindy Sterling, Amerikaanse aktrise.
- 1957 – Joe Phaahla, Suid-Afrikaanse politikus, voormalige minister van gesondheid.
- 1968 – Mark Fisher, Britse skrywer, kultuurteoretikus, filosoof en dosent († 2017).
- 1984 – Morné Steyn, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springboklosskakel.
- 1984 – Rachael Taylor, Australiese televisie- en filmaktrise.
- 1989 – David Henrie, Amerikaanse akteur.
- 1990 – Connor Paolo, Amerikaanse akteur.
- 1990 – Caroline Wozniacki, Deense tennisster.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 969 – Olga van Kiëf, regent van Kiëf-Roes (* circa 881).
- 1733 – Jakob Hermann, 'n Switserse wiskundige wat aan die probleme in klassieke meganika gewerk het (* 1678).
- 1804 – Alexander Hamilton, staatsman van die Verenigde State van Amerika (* 1755 of 1757).
- 1937 – George Gershwin, Amerikaanse komponis (* 1898).
- 1941 – Ds. Dirk du Plessis, predikant in 3 Gereformeerde kerke (* 1883).
- 1989 – Heer Laurence Olivier, Britse akteur, regisseur (* 1907).
- 1994 – Shannon Wilsey (Savannah), Amerikaanse aktrise, pornoster (* 1970).
- 2006 – Barnard Hughes, Amerikaanse akteur (* 1915).
- 2007 – Bill Flynn, Suid-Afrikaanse akteur (* 1948).
- 2008 – Michael DeBakey, bekende hartchirurg wat die hartvatomleidingchirurgie uitgevind en ontwikkel het (* 1908).
- 2012 – Rutger Kopland, Nederlandse digter en skrywer (* 1934).
- 2024 – Shelley Duvall, Amerikaanse aktrise (* 1949).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Pous Pius I van die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 11 July. |