Casablanca
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Marokko |
Provinsie | Grand Casablanca |
Koördinate | 33°32′N 07°35′W / 33.533°N 7.583°W |
Gestig op | 7de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 324 vk km |
Hoogte bo seevlak | 20 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2014) | 3 359 818 |
- Bevolkingsdigtheid | 9 132/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 4 270 750 |
Tydsone | UTC+01:00 |
Burgemeester | Nabila Rmili |
Casablanca (Arabies: الدار البيضاء, ad-Dār al-bayḍāʾ; Arabies en Spaans vir: "Withuis") is die grootste stad van Marokko, groter as die hoofstad Rabat en geleë aan die Atlantiese Oseaan. Die stad het in 2009 'n bevolking van 4 150 000 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 324 km².
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Portugese het die oorspronklike Berbernedersetting, wat gebou was op die hedendaagse stad, in 1468 vernietig en in 1515 hulle eie stad gebou wat hulle later weer verlaat het. In 1775 is die stad deur 'n aardbewing verwoes en is eers weer herbou in die negentiende eeu. Die stad het eers begin groei nadat die Franse dit in 1907 beset het toe fanatiese Moslems 'n aantal Europeërs vermoor het. Die Franse het toe die stad as 'n basis gebruik. In 1916 het die Franse die hawe voltooi.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Amerikaners by die stad aan wal gegaan en weerstand ondervind van die plaaslike Vichy-Franse. Die weerstand was van so aard dat die Amerikaners die stad bombardeer het met skepe en vliegtuie en groot skade aan die hawe aangerig het.
Gedurende Januarie 1943 het die beroemde konferensie hier plaasgevind toe die Geallieerde leiers hier ontmoet het.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- Eli Aflalo (1952), Israelse politikus
- Frida Boccara (1940–1996), Franse sangeres
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Casablanca.
- (ar) (fr) Amptelike webwerf
- (en) "Casablanca". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 Augustus 2024.