Citroën Xsara
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Citroën |
Produksie | 1997–2006 |
Montering | Rennes, Frankryk Madrid, Spanje Vigo, Spanje Barra de Carrasco, Uruguay Wuhan, Hubei, Sjina Kaïro, Egipte[1] |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Klein gesinsmotor |
Bakstyl | 3- of 5-deurluikrug 5-deur stasiewa |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Spesifikasies | |
Lengte | 3- of 5-deur: 4167 - 4188 mm Estate: 4350 - 4369 mm |
Breedte | 1705 mm |
Hoogte | 5-deur: 1405 mm stasiewa: 1420 mm |
Asafstand | 2540 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Citroën ZX |
Opvolger | Citroën C4 |
Variante | Peugeot 306 |
Die Citroën Xsara is 'n klein gesinsmotor wat vanaf 1997 tot 2006 deur die Franse motorvervaardiger Citroën gebou is.
Die Xsara was 'n ontwikkeling van die Citroën ZX en die Peugeot 306, waarmee dit 'n platform en aandryfstelsel deel.
Dit was beskikbaar in 3- of 5-deur luikrug en 5-deur stasiewabakwerke; die stasiewa was bemark as die Break en die 3-deurluikrug as die Coupé. Die inlynviersilinderenjinreeks sluit in 1.4, 1.6, 1.8 en 2.0-liter petrolenjins asook 1.6, 1.9 en 2.0-liter turbodiesels, en in sekere lande, ook 'n 1.5-liter PSA TUD-dieselenjin.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Arab American Vehicles Co" (in Engels). Aav.com.eg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2019. Besoek op 25 Maart 2010.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Citroën Xsara.
- Xsara modelinligting Geargiveer 28 Junie 2006 op Wayback Machine
- Citroën Xsara botsingstoets Geargiveer 22 Maart 2006 op Wayback Machine
- Betekenis van die woord "Xsara"
Citroën
|
|||
In produksie: Berlingo • C1 • C3 • C4 • C4 Cactus • C5 • DS3 • DS 4 • DS 5 • C-Elysée • Jumpy • Jumper • C-Triomphe
|
|||
Histories: Tipe A • C2 • 2CV • Acadiane • Ami 6 • Ami 8 • Ami Super • Axel • AX • BX • CX • C25 • C35 • Dyane • DS • ID • Evasion • GSA • H Van • LN • LNA • M35 • Rosalie • Saxo • SM • Traction Avant • TUB • Visa • XM • Xantia • Xsara • ZX | |||
Wysig hierdie sjabloon |