Skurweblaarkanniedood

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Commiphora edulis)
Jump to navigation Jump to search

Skurweblaarkanniedood
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. edulis
Binomiale naam
Commiphora edulis
(Klotzsch) Engl., 1883

Die Skurweblaarkanniedood (Commiphora edulis subsp. edulis) is 'n boom wat in die bosveld en ruigtes aangetref word. Hulle kom op rotsagtige plekke in die Zambezi- en Limpopovallei voor, en is redelik volop rondom Pafuri in die Krugerwildtuin.

Die boom het saamgestelde blare wat tot 7 cm lank en 3.5 cm wyd is, dun en blink, maar opvallend behaard aan albei kante. Blare word as een tot vier pare en 'n vyfde een (op die punt) aan elke blaarsteel gedra.

Die vrugte is die grootste van die Commiphora spesies (2 x 2.5 cm), gewoonlik in pare gedra, effe langwerpig en simmetries met 'n haarbedekking. Hulle is byna deurskynend wanneer onryp, maar word donkerrooi tot swart en die vlesige deel verdeel in twee wanneer hulle ryp is.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]