Connacht Rugby

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Connacht
Unie Ierse Rugbyvoetbalunie
Bynaam(e) Die Duiwel S’n
Stigting 1885
Stadion Galway Sportgronde, Galway
Kapasiteit 8 100
Afrigter(s) Vlag van Nieu-Seeland Kieran Keane
Kaptein(s) John Muldoon
Liga(s) Guiness Pro14
2016-’17 8ste
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste wedstryde 303 John Muldoon
Meeste punte 688 Ian Keatley
Meeste drieë 42 Fionn Carr
Amptelike webwerf
www.connachtrugby.ie

Connacht Rugby ((ga) Rugbaí Connachta) is een van die vier professionele rugbyspanne op die Ierse eiland. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker. Die span verteenwoordie vir IRVU COnnacht-tak, wat een van die vier hooftakke van die IRVU is, en is verantwoordelik vir rugby in die geografiese provinsie van Connacht.

Connacht se tuiswedstryde word op die Galway Sportgronde gespeel en daar is plek vir 8 100 toeskouers.[1] Connacht speel in ’n oorwegend groen-en-blou trui, groen broek en groen-en-wit kouse. Die wapen van Connacht Rugby is ’n aangepaste weergawe van die provinsiale vlag van Connacht en bestaan uit ’n gehalveerde arend en arm wat ’n swaard vashou.

Met slegs 7% van die totale aantal Ierse rugbyspelers het Connacht ’n baie kleiner spelerbasis om van te kies as die ander drie provinsies, gedeeltelik weens die klein bevolking van die provinsie en die relatiewe gewildheid van sportsoorte van die Gaeliese Atletiekvereniging soos Gaeliese voetbal en hurling. Rugby in Connacht het egter uitgebrei met groter kaartjieverkope[2] veral in Connacht se eerste seisoen van deelname aan die Heinekenbeker. Deur die pogings van die Connacht-tak van die IRVU het die provinsie ook in skooldeelname en ouderdomsgroepe gegroei deur inisiatiewe soos die Grassroots to Greenshirts-veldtog.[3] Die Connacht Eagles, ’n ontwikkelingspan, speel sedert die 2012-’13-seisoen in die Britse en Ierse Beker.

Seisoenbepalings[wysig | wysig bron]

Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker[wysig | wysig bron]

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2011-’12 Poel 6 4de 6 1 0 5 2 6
2012-’13 Poel 3 3de 6 3 0 3 0 12
2013-’14 Poel 3 3de 6 3 0 3 1 13
2016-’17 Poel 2 3de 6 4 0 2 2 18

Europese Rugbyuitdaagbeker[wysig | wysig bron]

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
1996-’97 Poel 3 4de 5 2 0 3 NVT 4
1997-’98 Poel 4 1de 6 5 0 1 NVT 10 Verloor in kwarteindstryd teen Agen
1998-’99 Poel 1 5de 6 3 0 3 NVT 6
1999-’00 Poel 4 3de 6 2 0 4 NVT 4
2000-’01 Poel 2 4de 6 1 0 5 NVT 2
2001-’02 Poel 4 2de 6 3 0 3 NVT 6
2002-’03 Verloor in kwarteindrondte teen Pontypridd (gemiddelde telling 47–39)
2003-’04 Verloor in halfeindrondte teen Harlequins (gemiddelde telling 49–45)
2004-’05 Verloor in halfeindrondte teen Sale Sharks (gemiddelde telling 84–27)
2005-’06 Poel 5 2de 6 4 0 2 4 20 Verloor in kwarteindstryd teen Newcastle Falcons
2006-’07 Poel 4 3de 6 1 0 5 4 8
2007-’08 Poel 3 3de 6 3 0 3 3 15
2008-’09 Poel 1 2de 6 4 0 2 3 19 Verloor in kwarteindstryd teen Northampton Saints
2009-’10 Poel 2 1ste 6 6 0 0 2 26 Verloor in halfeindstryd teen Toulon
2010-’11 Poel 1 2de 6 3 0 3 3 15
2014-’15 Poel 2 2de 6 4 0 2 4 20 Verloor in kwarteindstryd teen Gloucester
2015-’16 Poel 1 1ste 6 4 0 2 3 19 Verloor in kwarteindstryd teen Grenoble

Huidige span[wysig | wysig bron]

Connacht se span vir die 2017-’18-seisoen:

Stutte

Hakers

Slotte

 

Losvoorspelers

Skrumskakels

Losskakels

 

Senters

Vleuels

Heelagters

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]