Gaan na inhoud

Counter-Strike 2

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

Counter-Strike 2 is 'n 2023 multi-speler taktiese eerstepersoon-skietter videospeletjie wat deur Valve ontwikkel en gepubliseer is. Dit is die vyfde weergawe van die Counter-Strike-reeks. Dit is ontwikkel as 'n opgedateerde weergawe van die vorige hoofuitgawe van die speletjie, Counter-Strike: Global Offensive (2012), dit is op 22 Maart 2023 aangekondig, en is op 27 September 2023 vrygestel vir Windows en Linux. Dit het Global Offensive op die Steam platvorm vervang.[1]

Soos met sy voorganger die geval is, kom twee spanne, die Teen-Terroriste en die Terroriste, teen mekaar te staan in verskeie doelwit-gebaseerde spel scenario's. Bykomende scenario's wat van hierdie basiese konsep afwyk, is ook ingesluit. Counter-Strike 2 het groot tegniese verbeterings op Global Offensive gemaak, insluitend 'n opgradering van die Source-enjin na Source 2, met verbeterde rekenaar animasie en nuwe bediener argitektuur. Daarbenewens is baie kaarte van Global Offensive opgedateer om voordeel te trek uit die kenmerke van Source 2, met sommige kaarte wat volledig herskryf is.

Met sy vrystelling het Counter-Strike 2 oor die algemeen gunstige resensies van kritici ontvang, maar spelers het gemengde reaksies gehad. Daar is kritiek uitgespreek teen die weglating van Global Offensive van die Steam platvorm, swakker spelreaksie van die program, en die weglating van verskeie kenmerke wat in Global Offensive teenwoordig was. As gevolg hiervan het Counter-Strike 2 duisende negatiewe resensies van gebruikers op die Steam platvorm ontvang, wat daartoe gelei het dat dit een van die laagste gegradeerde Valve-titels op die platform geword het.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. https://www.shacknews.com/article/138117/counter-strike-2-review-score
  2. Tucker, Jake (October 2, 2023). "Counter-Strike 2 review: clicking heads". TechRadar. Argief van die oorspronklike, 1 Desember, 2023.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]