Cuiabá
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Brasilië |
Deelstaat | Mato Grosso |
Koördinate | 15°36′S 56°06′W / 15.600°S 56.100°W |
Gestig op | 8 April 1719 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 3 291 vk km |
Hoogte bo seevlak | 165 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 618 124 |
- Bevolkingsdigtheid | 190/vk km |
Tydsone | UTC -4 (BRT) |
Burgemeester | Emanuel Pinheiro (PMDB) |
Amptelike Webwerf | cuiaba.mt.gov.br |
Cuiabá (Portugees: [kujaˈba]) is 'n stad in Brasilië en is die hoofstad van die deelstaat Mato Grosso. Die stad lê op die geografiese middelpunt van die Suid-Amerikaanse kontinent en is bekend as die "suidelike toegang na die Amasone". Dit het 'n bevolking van ongeveer 535 000 en 'n oppervlak van 3 538 km². Dit is een van die warmste stede in die land en die temperatuur is reëlmatig bokant 40°C, selfs in die winter. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 1335 mm.
Die stad is in 1719 gedurende die goudstormloop gestig.[1] In 1818 is dit as die hoofstad van Mato Grosso verklaar. Dit dien ook as handelsentrum vir die omliggende beesboere en landbougebied. Ekonomiese ontwikkeling word deur die stad se isolasie en 'n tekort aan arbeid belemmer. Rivierbote bly steeds 'n belangrike metode van kommunikasie in die stad.
Die Federale Universiteit van Mato Grosso en die deelstaat se grootste sokkerstadion, Arena Pantanal is hier geleë.[2] Cuiabá se Arena Pantanal is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 vir wedstryde ingespan.
Susterstede
[wysig | wysig bron]Fotogalery
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) City in Focus: Cuiabá, Brazil Geargiveer 28 Januarie 2014 op Wayback Machine
- ↑ (en) Cuiaba – Britannica
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Cuiabá. |
- (en) Toerisme-inligting oor Cuiabá op Wikivoyage
- (pt) Amptelike webwerf
Hoofstede van Brasilië | ||||
---|---|---|---|---|
|