Daisy de Melker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Daisy de Melker
Daisy de Melker.jpg
Gebore  1 Junie 1886
Oorlede  30 Desember 1932
Rede vir dood  Gehang
Land  Suid-Afrika
Beroep  Verpleegster
Misdaad  Vergiftiging van haar 2 mans en seun
Misdaadbesonderhede
Datum(s)  1923–1932
Slagoffers  3
Metode  Vergiftiging
Vonnisbesonderhede
Aangekeer  Augustus 1995
Vonnisdatum  April 1932
Vonnis  Doodvonnis

Daisy Louisa C. De Melker' (née Hancorn-Smith; 1 Junie 1886 – 30 Desember 1932) bekend as Daisy de Melker, was 'n verpleegster[1] wat bekend geraak het nadat sy aangekla is vir moord op haar twee vorige mans en seun. Sy is skuldig bevind op een aanklag en gehang op 30 Desember 1932. Sy is na Dorethea van der Merwe in 1918, die tweede blanke vrou wat in Suid-Afrika tereggestel is.[2]

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Daisy Hancorn-Smith was gebore in Seven Fountains naby Grahamstad. Sy was een van elf kinders. Toe sy 12 jaar oud was, het sa na Bulawayo, Rhodesië (nou Zimbabwe) getrek om saam met haar pa en 2 van haar broers te woon. Dit was nie lank voor sy terugkeer na Suid-Afrikan nie.

Verloofde[wysig | wysig bron]

As 21-jarige was De Melker in 'n liefdesverhouding met Bert Fuller; hy sterf op hul beplande troudag aan gediagnoseerde swartwaterkoors met De Melker aan sy sy. Sy erf £ 100 uit sy boedel.

Eerste man[wysig | wysig bron]

Drie jaar later trou sy met William Alfred Cowle. Die huwelik duur veertien jaar en daar is een seun uit die huwelik gebore: Rhodes Cecil. Cowle het 'n maagprobleem gehad en ernstig siek geword nadat De Melker hom 'n purgeermiddel ingejaag het. Na 'n tweede maagaanval tref die dokter hom aan; blou in die gesig en skuim om die mond. Hy is kort daarna oorlede. Sy kry £ 1245 uit 'n polis en 'n pensioen van £ 533.

Tweede man[wysig | wysig bron]

Drie jaar later trou sy met Robert Sproat. Hy het 'n maand uit mekaar maagkrampe en sametrekings ontwikkel en is na die tweede aanval oorlede. Sy erf £ 4560 uit sy boedel.

Derde man[wysig | wysig bron]

Sy het later getrou met Sydney de Melker, 'n 1906-Springbok-rugbyspeler.

Seun[wysig | wysig bron]

Haar seun, Rhodes, sterf nadat hy koffie gedrink het wat sy ma in 'n fles voorberei het. Diagnose: serebrale malaria.

Verhoor[wysig | wysig bron]

Na die dood van Rhodes, word William Sproat, die broer van haar tweede man, agterdogtig. Hy lig die gereg in en die lyke van Cowle, Sproat en Rhodes word opgegrawe. Strignien word in die lyke van die eerste twee gevind en arseen in haar seun se lyk. Na 'n ondersoek en verhoor word sy skuldig aan moord bevind op haar seun en gehang op 30 Desember 1932 in Pretoria.

Na haar dood is haar meubels verkoop op 'n veiling. Die koper van haar gramradio stuur dit in vir herstelwerk. Die tegnikus ontdek binne in die gramradio 'n koevert met die woorde op For dear old Syd. Binne in die koevert was arseen.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • Hy glo enduit in sy Daisy. Rapport. 30 Desember 2012.

Verwysings[wysig | wysig bron]