Die wonderwerker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Die Wonderwerker)
Spring na: navigasie, soek
Die Wonderwerker
Regisseur Katinka Heyns
Vervaardiger André Scholtz
Draaiboek Chris Barnard[1]
Met Dawid Minnaar
Elize Cawood
Marius Weyers
Cobus Rossouw
Sandra Kotzé
Anneke Weideman
Kaz McFadden
Musiek deur Ben Ludik
Kinematografie Koos Roets
Redigeerder Ronelle Loots
Ateljee Sonneblom Films
Verspreider Ster-Kinekor
Uitgereik 7 September 2012
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans

Die Wonderwerker is ’n rolprent oor die Suid-Afrikaanse digter en natuurkenner, Eugène Marais se verblyf by ’n gesin in die Waterberg in Limpopo terwyl hy in 1908 daar navorsing gedoen het oor termiete en bobbejane. Die prent het op 7 September 2012 in teaters begin draai.[2]

Genre[wysig | wysig bron]

Die rolprent is 'n drama. Dit het 'n 13M ouderdomsperk en is nie geskik vir jong kykers nie.

Hoofrolspelers[wysig | wysig bron]

Dawid Minnaar as Eugène Marais

Storielyn[wysig | wysig bron]

Die prent is gegrond op die tydperk toe Marais siek was aan malaria. Die prent toon hoe hy die gesin by wie hy gebly het, se lewens verander.[2]

Ontvangs[wysig | wysig bron]

Dawid Minnaar as Eugène Marais

Die rolprent het by die loket, soos berig op 10 September 2012, reeds sowat 18 000 fliekgangers getrek. Dit het R733 391 by die loket verdien, wat die ander onlangse Afrikaanse rolprente, Roepman (R423 839) en Hoofmeisie (R406 954), oortref het.[6] Die Suid-Afrikaanse rolprentresentent, Leon van Nierop, ken 9/10 vir Die Wonderwerker toe:[7]

So ’n meesleurende, beeldskone en aangrypende Afrikaanse rolprent sien jy dalk net een maal per jaar. Dawid Minnaar is knap as Marais, maar dit is Sandra Kotzé, een van ons mees onderskatte aktrises, as tant Hessie, wat my verbysterd met haar spel gelaat het, terwyl Kaz McFadden met sy genuanseerde vertolking van die wilde seun, Adriaan, spel lewer wat die karakter geskakeerd en menslik maak. Die Wonderwerker moet ten alle koste gesien word.


Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Potgooi: Katinka Heyns oor die fliek Eugene Marais: Die Wonderwerker, wat vanjaar verskyn”. (Potgooi) RSG: 22 Februarie 2012. URL besoek op 2 Maart 2012.
  2. 2,0 2,1 Pople, Laetitia (1 Maart 2012). “Eugène Marais in rolprent herbesoek”. (html) Die Burger. URL besoek op 2 Maart 2012.
  3. Van den Berg, Marzanne (25 Januarie 2012). “Katinka Heyns soek mak bobbejaan”. (html) Volksblad. URL besoek op 2 Maart 2012.
  4. Eckard, Lourensa (13 Februarie 2012). “Bobbejaan word ’n rolprentster”. (html) Die Burger. URL besoek op 2 Maart 2012.
  5. Foto van Dawid Minnaar en Andries die bobbejaan
  6. http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2012/09/11/VB/3/Diewonderwerker_1830.html
  7. http://www.rsg.co.za/fliekrubriek_meer.asp?id=1634

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]