Dikhololo-wildreservaat
Dikhololo-wildreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Naaste dorp | Brits |
Koördinate: 25°25′7″S 27°44′34″O / 25.41861°S 27.74278°O | |
Bestuursliggaam | Dikhololo Aandeleblokmaatskappy |
Webblad | www.dikhololo.co.za |
Dikhololo is 'n wildreservaat in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika, 24 km noord van die dorp Brits.
Dit is 'n maklik-bereikbare oord in 'n malaria-vrye gebied van die Transvaalse Bosveld. Die oord verskaf tyddeelbehuising in grasbedekte chalets wat in kampe oral oor die terrein en tussen lae koppies versprei is.
Die reservaat beskik oor 'n groot verskeidenheid vrylopende wildsoorte: sebras, kameelperde, duikers, steenbokke, blesbokke, rooibokke, blouwildebeeste, rooihartbeeste, waterbokke, njalas, koedoes, elande volstruise en ander dierelewe. Die oord bied heelwat ontspanningsgeriewe: daar is verskeie swembaddens (een wat verhit word), 'n waterglybaan, verligte tennisbane, putjiespel, vierwielmotorfietse asook wildritte om van te kies.
Die oord se gaste en besoekers kom meestal vanaf omliggende streke, veral Pretoria en Johannesburg.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |