Brits
Voorkoms
Brits | |
---|---|
Brits gesien vanaf Dewetsnek in die Magaliesberg | |
Koördinate: 25°38′4″S 27°46′52″O / 25.63444°S 27.78111°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Bojanala |
Munisipaliteit | Madibeng |
Stigting | 1924 |
Oppervlak | |
• Totaal | 114,7 km2 (44,3 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 53 511 |
• Digtheid | 467/km2 (1 210/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 22.3% |
• Indiërs/Asiërs | 2.7% |
• Bruin mense | 3.6% |
• Swart mense | 70.4% |
• Ander | 0.9% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 28.6% |
• Afrikaans | 25.9% |
• Noord-Sotho | 10.1% |
• Tsonga | 10.1% |
• Ander | 25.3% |
Poskode (strate) | 0250 |
Skakelkode | 012 |
Brits is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Brits is op 25 Mei 1924 op die plaas Roodekopjes gestig en na die eienaar Johannes Nicolaas Brits vernoem.
Omgewing
[wysig | wysig bron]Die Krokodilrivier vloei net wes van die dorp verby. Die ontwikkeling van die dorp het 'n groot hupstoot gekry toe die Hartbeespoortdam in 1924 gebou is in die Krokodilrivier suid van die dorp. Gewasse soos tabak, koring, sitrusvrugte, lusern, groente en selfs tafeldruiwe word verbou onder besproeiing. Noord van die dorp vloei die rivier in die Rooikoppiesdam in.
Graniet, platinum, chroom en magnetiet word in die omgewing gemyn.[2]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Brits en Oukasie Sensus 2011.
- ↑ B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. p. 208. ISBN 1-86842-026-4