Eland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Eland
Eland
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Artiodactyla
Familie: Bovidae
Subfamilie: Bovinae
Genus: Taurotragus
Spesie: T. oryx
Binomiale naam
Taurotragus oryx

Die Eland, (Taurotragus oryx), ook Kaapse Eland of Kleinere Eland, is 'n wildsbok wat op grasvlaktes in Oos-Afrika en Suidelike Afrika aangetref word.

Die eland se skouerhoogte is ongeveer twee meter en hulle weeg van 300 tot 1,000 kilogram. Dit maak die eland die grootste boksoort. Elandbulle is gewoonlik donkerbruin of grys, terwyl elandkoeie bruin of ligbruin is. Elande het dikwels ook 'n wit streep vertikaal oor die lyf aan albei kante. Beide die bul en koei het reguit horings wat ongeveer 65 sentimeter lank kan wees. Die koei se horings is gewoonlik langer maar dunner. 'n Enkele kalf word na 'n draagtyd van 9 maande gebore.

Elande eet gras, takkies en blare. Hulle leef gewoonlik in troppe van dertig tot tagtig, maar groter troppe van by die vierhonderd is al aangetref. Ten spyte van hul grootte, kan 'n eland maklik oor 'n heining van 1.5 m spring sonder 'n aanloop.

Elande kan hulself goed verdedig teen roofdiere en is selfs in staat om 'n leeu dood te maak. Dit is waarskynlik die rede waarom elande 'n mistieke of spirituele kwaliteit verkry het deur die geskiedenis. Elande is algemeen in rotskuns uitgebeeld, wat aandui dat hulle gesien is as diere met 'n sterk verbintenis tot 'n ander wêreld. Elandvet is vir die teken van rotskuns gebruik en ook om medisyne mee te maak.

Die vroeëre reisigers na die Kaap het geglo dat die eland en die eenhoring verwant is, waarskynlik omdat sommige reisigers aangeteken het dat eenhoring-elande in die Kaap voorgekom het. Daar is ook die geval van 'n horing in die McLeodkasteel in Skotland, wat as die horing van 'n eenhoring bewaar is, maar later geïdentifiseer is as die horing van 'n eland.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Mallon, D.P. & Hoffmann, M. (2008). Tragelaphus oryx. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 6 February 2009.