eBay

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
eBay Inc
EBay logo.svg
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 3 September 1995
Hoofkantoor San Jose, KaliforniëVerenigde State
SleutelpersonePierre Omidyar (Voorsitter)
John Donahoe (HUB)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieInternet, aanlynverkope
ProdukteeBay Classifieds, elektroniese handeldryf, aanlynveilinggasheer
Diensteaanlyn-kaartjieverkope en -advertensies, aanlyn-geldoordrag
InkomsteVS$ 16.05 miljard
BedryfsinkomsteVS$ 3,31 miljard
Netto inkomsteVS$ 2,86 miljard
Werknemers33 500 (Desember 2013)[1]
DivisiesGumtree, Kijiji, PayPal, iBazar
Slagspreuk"eBay: The World's Online Marketplace"
Webwerfwww.ebay.com
Pierre Omidyar, stigter en voorsitter van eBay

eBay Inc, (gestileer as ebay), is 'n Amerikaanse multinasionale internet verbruiker-na-verbruikerkorporasie, met sy hoofkantoor in San Jose, Kalifornië, VSA. Dit is deur Pierre Omidyar gestig in 1995, en het 'n merkwaardige suksesverhaal tydens die dot-com borrel. Dit is nou 'n multi-miljarddollar-besigheid en bedryf sake in meer as dertig lande.[2]

Die maatskappy bestuur eBay.com, 'n wêreldwye aanlynveiling- en koopwebwerf wat aan mense en besighede 'n breë verskeidenheid van goedere en dienste te koop aanbied (en namens hul verkoop). Benewens sy veiling-styl verkope, is die webwerf sedertdien uitgebrei om die "Koop nou"-opsie in te sluit. Dit ondersteun ook aanlyn-inkopies deur UPC, ISBN, of ander soorte SKU (via Half.com); aanlyn-geklassifiseerde advertensies (via Kijiji of eBay Classifieds); aanlyn-kaartjieverkope (via StubHub); aanlyngeldoordrag (via PayPal) [3] en ander dienste.

In teenstelling met die algemene opvatting, is dit nie gratis om op eBay te verkoop nie, omrede die webwerf gebruikers maandeliks faktureer.[4][5]

eBay se hoofkantoor in San Jose, Kalifornië.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Investor FAQ" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2014.
  2. "eBay: The World's Online Marketplace"
  3. Suciu, Peter. ""Skype and PayPal – A Different Set of Rules" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2014. Besoek op 19 Julie 2014.
  4. Steiner, Ina (3 September 2013). "eBay Rolls Out Changes to Seller-Fee Invoices" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2018. Besoek op 19 Julie 2014.
  5. "Seller fees and invoices". eBay (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2018.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.