Netflix
Netflix | |
---|---|
URL | netflix |
Soort webwerf | Video-op-aanvraag |
Registrasie | Vereis |
Eienaar | Netflix Inc. |
Geskep deur | Netflix Inc. |
Gelanseer | 29 Augustus 1997 |
Huidige status | Aanlyn |
Netflix, Inc. is 'n Amerikaanse vermaaklikheidsmaatskappy met hoofkwartier in Los Gatos, Kalifornië. Netflix is in 1997 deur Reed Hastings en Marc Randolph in Scotts Valley, Kalifornië gestig. Die maatskappy se primêre besighede is sy inskrywinggebaseerde, video-op-aanvraag-stromingdiens wat aanlynstroming van 'n katalogus van films en televisieprogramme bied,[1] sowel as die verspreiding en produksie van oorspronklike films en televisiereekse wat slegs deur die diens versprei word.
Eienaarskap
Vanaf 2017 is Netflix-aandele hoofsaaklik deur institusionele beleggers gehou, insluitend Capital Group Companies, The Vanguard Group, BlackRock onder andere.[2]
Finansies
Vir die fiskale jaar 2018, het Netflix verdienste van VS$ 1.21 miljard, met 'n jaarlikse inkomste van VS$ 15,8 miljard, 'n toename van ongeveer 116% oor die vorige fiskale siklus. Netflix se aandele het verhandel teen meer as $400 per aandeel teen sy hoogste prys in 2018, en sy markkapitalisasie het 'n waarde van meer as VS$ 180 miljard bereik in Junie 2018. Netflix het 261 op die 2018 Fortune 500 -lys van die grootste maatskappye in die Verenigde State volgens inkomste gelys.[3]
Jaar | Inkomste in mil. VSD-$ |
Prys per aandeel in VSD-$ |
Werknemers | aantal intekenare in miljoene |
---|---|---|---|---|
2005 | 682 | 2,59 | 2,5 | |
2006 | 997 | 3,69 | 4,0 | |
2007 | 1205 | 3,12 | 7,3 | |
2008 | 1365 | 4,09 | 9,4 | |
2009 | 1670 | 6,32 | 11,9 | |
2010 | 2163 | 16,82 | 2180 | |
2011 | 3205 | 27,49 | 2348 | |
2012 | 3609 | 11,86 | 2045 | |
2013 | 4375 | 35,27 | 2022 | |
2014 | 5505 | 57,49 | 2450 | |
2015 | 6780 | 91,90 | 3700 | |
2016 | 8831 | 102,03 | 4700 | |
2017 | 11693 | 165,37 | 5500 | |
2018 | 15794 | 7100 | ||
2019 | 20156 | 8600 | ||
2020 | 24996 | 9400 | ||
2021 | 29697 | 11300 | ||
2022 | 31615 | 12800 |
Netflix se inkomste vir die eerste kwartaal van 2019 het $ 4,5 miljard bereik en 9,6 miljoen nuwe intekenaars (148.9M totale intekenaars) bygevoeg. Die groei van intekenaars was 16% meer in vergelyking met 2018.[4]
Sien ook
- Kaos (TV-reeks)
- Showmax
- Squid Game
- Hellbound
- Money Heist
- The Perfect Couple (TV-reeks)
- The Tinder Swindler
Verwysings
- ↑ https://www.nytimes.com/2007/01/25/technology/25pogue.html
- ↑ "Netflix, Inc. (NFLX) Ownership Summary". NASDAQ.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Mei 30, 2019. Besoek op Mei 30, 2019.
- ↑ "Netflix". Fortune (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020. Besoek op 25 November 2018.
- ↑ "Netflix added 9.6M subscribers in Q1, with revenue of $4.5B". TechCrunch (in Engels (VSA)). Besoek op 17 April 2019.[dooie skakel]
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Netflix.
- netflix
.com Amptelike webwerf - Besigheidsgegewens vir Netflix: Google Finance Yahoo! Finance Reuters[dooie skakel] SEC inskrywings