Woestynkorhaan
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Eupodotis rueppellii)
Woestynkorhaan Namibkorhaan | |
---|---|
Woestynkorhaan in die Namib-Naukluft Nasionale Park van Namibië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. rueppellii
|
Binomiale naam | |
Heterotetrax rueppellii (Wahlberg, 1856)
| |
benaderde verspreiding: die Namibwoestyn | |
Sinonieme | |
Eupodotis rueppellii |
Die woestynkorhaan (Heterotetrax rueppellii) is 'n voël wat aan die familie van wildepoue behoort. Dit is byna endemies aan Namibië, waar dit as algemene standvoël in die dorre gebiede langs die sentrale en noordkus, asook die onmiddellike binneland daarvan voorkom.
Die voël is 50 tot 58 cm groot en weeg van 1 tot 1,35 kilogram. Die nek en kop is grys met swart strepe op die keel (minder gemerk by wyfies), deur die oog, en aan die kante van die nek. Die wange is wit terwyl die liggaam sandbruin bo en wit onder is. Die bene is 'n sanderige geel-bruin.
In Engels staan die voël as Rüppell's korhaan bekend. Die Engelse naam gedenk Eduard Rüppell, 'n 19de-eeuse ontdekkingsreisiger, versamelaar en dierkundige.[2]
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronne
[wysig | wysig bron]- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
- del Hoyo, J., et al., eds. (1996). Handbook of the Birds of the World 3: 268-269. Lynx Edicions.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BirdLife International (2012). "Eupodotis rueppellii". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 26 November 2013.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - ↑ Beolens, Bo; Watkins, Michael (2003). Whose Bird? Men and Women Commemorated in the Common Names of Birds. London: Christopher Helm. p. 358.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=303DD648A161E0C7
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Woestynkorhaan.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Woestynkorhaan