Francois Uys

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Francois Uys Sportportaal
Volle naam Francois Uys
Geboortedatum 12 Maart 1986 (1986-03-12) (32 jaar oud)
Geboorteplek Springs, Suid-Afrika
Lengte 196 cm
Gewig 112 kg
Skool Hoërskool Dr. E.G. Jansen
Universiteit Universiteit van Johannesburg
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Slot
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2015–2016
2017–?
→ Toyota Verblitz
Grenoble
2
0
(0)
(0)
korrek soos op 17 Julie 2016.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2006-’08
2009-2015
2008, ’10, ’12
Goue Leeus
Vrystaat Cheetahs
Griffons
24
77
14
(25)
(40)
(5)
korrek soos op 28 Mei 2017.
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
2009–2017 Cheetahs 78 (7)
korrek soos op 28 Mei 2017.

Francois Uys (*12 Maart 1986, Springs) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Cheetahs as slot in die Superrugbyreeks en vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebekerreeks speel.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Uys het sy loopbaan in Johannesburg by die Goue Leeus begin en in 2005 vir die SA o/19 Jong Bokke-span in Durban as flank en agsteman uitgedraf wat daardie jaar die wêreldbeker vir o/19 teen Nieu-Seeland in die finaal gewen het. Francois het vir die Leeus o/21 gespeel op 19 en 20 jarige ouderdom en was ook kaptein van die span gedurende die tydperk. Uys het ook vir die Leeus Vodacom Cup in 2006, 2007, 2008 en 2009 uitgedraf as losvoorspeler en kaptein. Uys het een Curriebeker wedstryd teen Boland vir die Leeus gespeel, maar hy is in September 2009 na die Vrystaat Cheetahs omdat hy nie veel speelkans by die Leeus gekry het nie. Hy het aanvanklik by die Cheetahs slegs in die Vodacom- en Curriebeker gespeel en is selfs as leenspeler by die Down Touch Griffons ingespan in 2010 en 2012. Hy het af en toe in die superrugbyspan gespeel, maar is in 2013 gereeld in die beginspan ingesluit.[1][2]

In 2014 is sy kontrak met die Cheetahs tot in Oktober 2016 verleng. Uys is in 2015 as kaptein van die Cheetahs se Superrugbyspan gekies en daarna ook as kaptein van die Vrystaat se Curriebekerspan.[3]

Internasionaal[wysig | wysig bron]

Uys was ’n lid van die Suid-Afrikaanse onder-19 span wat in 2005 aan die IRR onder-19 Wêreldkampioenskap deelgeneem het.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) Francois Uys SA Rugbyspelerprofiel”. SA Rugby. URL besoek op 24 Julie 2013.
  2. (en) Francois Uys itsrugby.co.uk Spelerstatistiek”. URL besoek op 24 Julie 2013.
  3. Wegner terug; Ferreira oorsee”. Volksblad: 13 Mei 2014. URL besoek op 14 Mei 2014.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]