Vodacombeker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Vodacombeker se kenteken.

Die Vodacombeker was ’n rugbykompetisie wat van 1998 tot 2015 tussen Februarie en Mei in Suid-Afrika gespeel is. Die kompetisie was die derde mees prestigeryke rugbykompetisie in Suid-Afrika, naas Superrugby en die Curriebeker. Dit het oorvleuel met die Superrugbyreeks en geleentheid gebied vir jonger en minder ervare spelers om te ontwikkel. Dit kompetisie is sedert 1998 elke jaar deur Vodacom geborg.

Die kompetisie is oop vir die veertien Suid-Afrikaanse rugbyunies, maar spanne van buite Suid-Afrika is ook uitgenooi om deel te neem. Die Welwitschias van Namibië het tussen 1999 en 2001 asook in 2010 en 2011 deelgeneem. Die Pampas XV van Argentinië neem sedert 2010 deel.[1][2] Limpopo, wat normaalweg deel van die Blou Bulle vorm, het ook in 2013 as ’n afsonderlike span deelgeneem.

Spanne[wysig | wysig bron]

Die volgende spanne het sedert die aanvang daarvan aan die Vodacombeker deelgeneem:

Vodacombeker-spanne
Span Eerste seisoen Aantal seisoene Ander name
Blou Bulle 1998– 18
Boland Kavaliers 1998– 18 Boland
Grens Bulldogs 1998– 18 Grens
OP Kings 1998– 18 Magtige Olifante
Valke 1998– 18
Vrystaat XV 1998– 18 Vrystaat Cheetahs
Goue Leeus 1998– 18
Griffons 1998– 18 Noord-Vrystaat
Griekwas 1998– 18 Griekwaland-Wes
Luiperds 1998– 18 Noordwes
Limpopo 2013– 3 Limpopo Blou Bulle
Vlag van Argentinië Pampas XV 2010–13 4
Pumas 1998– 18 Mpumalanga Pumas
Haaie XV 1998– 18 Natal Wildebeeste
Vlag van Kenia Simba XV 2014 1
SWD Arende 1998– 18
Vlag van Namibië Welwitschias 1999–2001, 2010–11, 2015– 6 Namibië Koedoes
Westelike Provinsie 1998– 18

Eindstryde[wysig | wysig bron]

Die Vodacombeker se eindstryde het as volg verloop:

Seisoen Wenner Telling Tweede plek
1998 Griekwas 57–0 Goue Leeus
1999 Goue Leeus 73–7 Griekwas
2000 Vrystaat Cheetahs 44–24 Griekwas
2001 Blou Bulle 42–24 Boland Kavaliers
2002 Goue Leeus 54–38 Blou Bulle
2003 Goue Leeus 26–17 Blou Bulle
2004 Goue Leeus 35–16 Blou Bulle
2005 Griekwas 27–25 Luiperds
2006 SWD Arende 25–17 Natal Wildebeeste
2007 Griekwas 33–29 Blou Bulle
2008 Blou Bulle 25–21 Vrystaat Cheetahs
2009 Griekwas 28–19 Blou Bulle
2010 Blou Bulle 31–29 Vrystaat Cheetahs
2011 Pampas XV 14–9 Blou Bulle
2012 Westelike Provinsie 20–18 Griekwas
2013 Goue Leeus 42–28 Pumas
2014 Griekwas 30–6 Goue Leeus
2015 Pumas 24–7 Westelike Provinsie

Algehele statistieke[wysig | wysig bron]

Span Kere gewen Tweede Halfeindstryd Kwarteindstryd Seisoene gewen
1 Griekwas 5 3 3 3 1998, 2005, 2007, 2009, 2014
2 Goue Leeus 5 2 1 6 1999, 2002, 2003, 2004, 2013
3 Blou Bulle 3 6 4 2 2001, 2008, 2010
4 Vrystaat Cheetahs 1 2 3 5 2000
5 Westelike Provinsie 1 1 3 5 2012
6 Pumas 1 1 3 1 2015
7 Valke 1 0 3 0 2006
8 Pampas XV 1 0 0 2 2011
9 Natalse Haaie 0 1 5 4
10 Boland Kavaliers 0 1 4 3
11 Luiperds 0 1 3 3
12 SWD Arende 0 0 1 3
Oostelike Provinsie 0 0 1 3
14 Grens Bulldogs 0 0 0 0
Griffons 0 0 0 0
Limpopo 0 0 0 0
Welwitschias 0 0 0 0

Rekords[wysig | wysig bron]

Die Goue Leeus het op 27 April 2013 ’n rekordsege teenoor die Limpopo Blou Bulle behaal toe hulle die span met 161-3 geklop het by die Alberton Rugbyklub in Alberton. Die oorwinning is ’n rekord in Suid-Afrikaanse eersterangrugby. Dit oortref die Pumas se vorige Vodacombekerrekord van 154-0 ook teen die Limpopo Blou Bulle. Die 25 drieë wat die Goue Leeus gedruk het is ook ’n Vodacombekerrekord. Daarmee saam het Anthony Volminck ’n rekord nege drieë vir die Goue Leeus gedruk en daarmee Naas Olivier se vorige rekord van 42 punte in ’n wedstryd na 45 verbeter.[3]

Vodacomskild[wysig | wysig bron]

Van 2001 tot 2004 het die spanne wat nie in die boonste 4 spanne geëindig het in die rondomtaliefase nie, in ’n sekondêre kompetisie genaamd die Vodacomskild deelgeneem.

Eindstryde[wysig | wysig bron]

Seisoen Wenner Telling Tweede plek
2001 Griffons 40-27 Oostelike Provinsie
2002 Oostelike Provinsie 26-20 Natalse Haaie
2003 Grens Bulldogs 32-0 Griekwas
2004 Boland Kavaliers 19-12 SWD Arende

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Span Seges Tweede plekke Halfeindstryde Seisoene gewen
1 Oostelike Provinsie 1 1 1 2002
2 Grens Bulldogs 1 0 1 2003
3 Boland Kavaliers 1 0 0 2004
Griffons 1 0 0 2001
5 Griekwas 0 1 1
SWD Arende 0 1 1
7 Natalse Haaie 0 1 0
8 Westelike Provinsie 0 0 2
9 Luiperds 0 0 1
Pumas 0 0 1
11 Valke 0 0 0

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Argentinië en Namibië gaan in Vodacombeker speel". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 2009-12-10. Besoek op 2010-01-18. 
  2. (en) Volledige puntestand: Vodacombeker”. SA Rugby. URL besoek op 2011-12-08.
  3. (en) Volminck stel SA rekord op”. (html) 27 April 2013.