Vrystaat Cheetahs
Vrystaat Cheetahs | ||||
Bynaam(e) | Cheethas | |||
Embleem | Jagluiperd | |||
Stigting | 27 Maart 1895 | |||
Unie | Vrystaatse Rugbyunie | |||
Ligging | Bloemfontein | |||
Streek | Sentraal- en Suid-Vrystaat | |||
Stadion | Toyota-stadion | |||
President | Harold Verster | |||
HUB | Harold Verster | |||
Afrigter(s) | Franco Smith | |||
Kaptein(s) | Francois Uys | |||
Liga(s) | Curriebeker Rugby-uitdaagreeks | |||
| ||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 245 Helgard Müller | |||
Meeste punte | 1402 Eric Herbert | |||
Meeste drieë | 136 Chris Badenhorst | |||
Eerste wedstryd | ||||
Onbekend | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Oos-Vrystaat 3 – 132 Vrystaat Cheetahs 31 Mei 1977[1] | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Onbekend |
- Vir inligting oor die Superrugbyspan, gaan na Cheetahs (Superrugbyspan).
Die Vrystaat Cheetahs, voorheen die Oranje-Vrystaat is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat aan die Curriebeker en die Rugby-uitdaagreeks deelneem. Die unie speel sy tuiswedstryde op die Vrystaatstadion in Bloemfontein.
Algemeen
[wysig | wysig bron]Die Vodacom Cheetahs het in die elf jaar tot 2006 tien keer onder die top 4 in die Curriebekerreeks geëindig en in die 1998 seisoene was hulle vyfde. In vier jaar (1997, 2004, 2005 en 2006) speel die span in die eindstryd om die Curriebeker. Op 14 Oktober 2006 is die Curriebeker-eindstryd in Bloemfontein op die Cheetahs se tuisveld teen die Blou Bulle beslis. Dit was slegs die tweede keer dat die Cheetahs besit van die Curriebeker verdedig het, nadat dit op verdienstelike wyse in 2005 op die Blou Bulle se tuisveld verower is.
In die 2007-seisoen het die Vrystaat Cheetahs hul goeie vorm voortgesit, en wen 13 van hul 14 wedstryde voor die eindronde. Na hulle die Blou Bulle in die halfeindronde in Pretoria geklop het, verower hulle die Curriebeker vir 'n derde agtereenvolgende keer deur die Goue Leeus in die eindstryd van agter in te haal met 20-18.
In die 2016-seisoen was die Toyota Cheetahs onoorwonne in die Curriebekerreeks, en hul klop die Blou Bulle in die eindstryd met 36-16.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Vrystaat Rugbyunie is op 27 Maart 1895 gestig. Die unie het hom in meer as ’n eeu op alle vlakke in Suid-Afrikaanse rugby deeglik laat geld en as een van die top-5 in die land gevestig. Hierdie aanspraak word gebaseer op prestasie, grootte van ondersteuningsnetwerk en algemene standhoudende impak op Suid-Afrikaanse rugby.
Vrystaatrugby word gevoed deur sy kragtige juniorrugby van skool- tot onder 21-vlak. Daarbenewens beskik die VRU oor uitstekende studenterugby, waarvan die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat eervol vermeld word.
Die 2012-Curriebekerseisoen was ’n laagtepunt vir die span van Bloemfontein. Hulle het een van hul swakste seisoene beleef waarin hulle slegs drie wedstryde kon wen. ’n Ligpunt was dat die voorste driedrukker vir die seisoen die Vrystaatse vleuel Raymond Rhule was. Die Cheetahs het laaste op die punteleer geëindig en moes teen die OP Kings uitspeel om hul plek in die premierafdeling van die kompetisie te behou. Die Cheetahs was egter te sterk en het altwee uitspeelwedstryde gewen om die OP uit die premierafdeling te hou. Op 4 Augustus 2012 het die Vrystaat Cheetahs teen die Cardiff Blues in ’n feeswedstryd op die rugbyveld van Grey-kollege gespeel ter herdenking van Sir George Grey, die stigter van Grey-kollege, se 200ste geboortedag.[2] Die Vrystaat het met 31 – 32 verloor. In 2013 het die span van die Vrystaat vir die 19de keer sedert 1954 in ’n halfeindronde van die Curriebekerkompetisie gespeel.[3]
Vername persone
[wysig | wysig bron]Verskeie legendariese individue het gedurende die Unie se bestaan die SA rugbytoneel versier.
Springbokspelers
[wysig | wysig bron]Die Vrystaatspelers wat as Springbokke uitgedraf het is in alfabetiese volgorde:[4]
Naam | Toetse | Bokno. | Geboortedorp en datum | Skool | Eerste toets | Laaste toets |
---|---|---|---|---|---|---|
Chris Badenhorst | 2 | 610 | Windhoek, 12 Desember 1965 | Windhoek Hoër | 15 Oktober 1994 | 13 April 1995 |
André Bestbier | 1 | 485 | Potchefstroom, 31 Maart 1946 | Hoërskool Oudtshoorn | ||
Meyer Bosman | 3 | 771 | Bethlehem, 19 April 1985 | Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal | 19 November 2005 | 15 Julie 2006 |
Hannes Botha | 3 | 374 | Potgietersrus, 11 Mei 1937 | Hoërskool Wonderboom, Pretoria | 21 Julie 1962 | 25 Augustus 1962 |
Gerrie Britz | 13 | 760 | Bloemfontein, 14 April 1978 | Grey-kollege, Bloemfontein | 12 Junie 2004 | 14 Julie 2007 |
Heinrich Brüssow | 23 | 801 | Bloemfontein, 21 Julie 1986 | Grey-kollege, Bloemfontein | 22 November 2008 | 15 Augustus 2015 |
Uzair Cassiem | 8 | 878 | Strand, 17 Maart 1990 | Hoërskool Strand, Strand | 26 November 2016 | 2 Desember 2017 |
Gert Cilliers | 3 | 384 | Ficksburg, 28 Julie 1940 | Grey-kollege, Bloemfontein | 13 Julie 1963 | 7 September 1963 |
Michael Claassens | 8 | 765 | Kroonstad, 28 Oktober 1982 | Hoërskool Kroonstad (Blouskool) | 6 November 2004 | 14 Julie 2007 |
Jannie de Beer | 13 | 653 | Welkom, 22 April 1971 | Hoërskool Wessel Maree, Odendaalsrus | 5 Julie 1997 | 30 Oktober 1999 |
Johan de Bruyn | 1 | 475 | Reivilo, 12 Oktober 1948 | Hoërskool Reivilo | ||
Lood de Jager | 39 | 856 | Alberton, 17 Desember 1992 | Hoërskool Hugenote, Springs | 14 Junie 2014 | 20 Julie 2019 |
Naka Drotské | 26 | 601 | Senekal, 15 Maart 1971 | Grey-kollege, Bloemfontein | 13 November 1993 | 4 November 1999 |
Jannie du Plessis | 70 | 788 | Bethlehem, 16 November 1982 | Grey-kollege, Bloemfontein | 7 Julie 2007 | 30 Oktober 2015 |
Wian du Preez | 1 | 792 | Bloemfontein, 30 Oktober 1982 | Grey-kollege, Bloemfontein | ||
Os du Randt | 80 | 619 | Elliot, 8 September 1972 | Adelaide Gimnasium | 8 Oktober 1994 | 20 Oktober 2007 |
Gaffie du Toit | 14 | 667 | Kaapstad, 24 Maart 1977 | Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam | 13 Junie 1998 | 24 Junie 2006 |
Braam Els | 1 | 656 | Kroonstad, 1 November 1971 | Afrikaans Hoër, Kroonstad (Rooiskool) | ||
Rassie Erasmus | 36 | 649 | Despatch, 5 November 1972 | Hoërskool Despatch | 5 Julie 1997 | 23 Junie 2001 |
Christo Ferreira | 2 | 543 | Welkom 28 Augustus 1960 | Welkom-Gimnasium | 10 Mei 1986 | 17 Mei 1986 |
Kabamba Floors | 1 | 784 | Oudtshoorn, 15 November 1980 | Môrester | ||
Bevin Fortuin | 2 | 780 | George 6 Februarie 1979 | George Sekondêre Skool | 11 November 2006 | 7 Julie 2007 |
Dirk Froneman | 1 | 492 | Winburg, 14 April 1954 | Hoërskool Sarel Cilliers, Glencoe | ||
Jack Gage | 1 | 233 | Worcester, 2 April 1907 | Kimberley Boys’ High | ||
Flip Geel | 1 | 282 | Boshof, 7 Februarie 1914 | Hoërskool Christiana | ||
Gerrie Germishuys | 20 | 465 | Port Shepstone, 29 Oktober 1949 | Hoërskool Brandwag, Benoni | 22 Junie 1974 | 20 September 1981 |
Johan Goosen | 13 | 839 | Burgersdorp, 27 Julie 1992 | Grey-kollege, Bloemfontein | 8 September 2012 | 26 November 2016 |
Piet Goosen | 1 | 413 | Bloemfontein, 3 Februarie 1937 | Hoërskool Sentraal, Bloemfontein | ||
Piet Greyling | 25 | 422 | Zastron, 16 Mei 1942 | Hoërskool Sentraal, Bloemfontein | 15 Julie 1967 | 3 Junie 1972 |
Kleintjie Grobler | 3 | 478 | Pretoria, 24 Augustus 1944 | Gerrit Maritz Hoërskool, Pretoria | 27 Julie 1974 | 28 Junie 1975 |
Lappies Hattingh | 1 | 239 | Lindley, 1 September 1903 | |||
Cornal Hendricks | 12 | 855 | Paarl, 18 April 1988 | Hoërskool Bergrivier, Wellington | 14 Junie 2014 | 25 Julie 2015 |
Eben Jansen | 1 | 518 | Griekwastad, 5 Junie 1954 | Hoërskool Griekwastad | ||
Joggie Jansen | 10 | 444 | Griekwastad, 5 Februarie 1948 | Hoërskool Griekwastad | 25 Julie 1970 | 3 Junie 1972 |
Ashley Johnson | 3 | 810 | Wynberg, 16 Mei 1986 | Paarl Gimnasium | 23 Julie 2011 | 20 Augustus 2011 |
André Joubert | 34 | 557 | Ladysmith, 15 April 1964 | Hoërskool Ladysmith | 26 Augustus 1989 | 23 Augustus 1997 |
Ian Kirkpatrick | 13 | 306 | Bloemfontein, 25 Julie 1930 | Kimberley Boys’ High School | 5 September 1953 | 18 Februarie 1961 |
Edrich Krantz | 2 | 487 | Senekal, 10 Augustus 1954 | Hoërskool Sentraal, Bloemfontein | 24 Julie 1976 | 30 Mei 1981 |
Klippies Kritzinger | 7 | 477 | Harrismith, 1 Maart 1948 | Hoërskool Harrismith | 13 Julie 1974 | 18 September 1976 |
Ruben Kruger | 36 | 596 | Vrede, 30 Maart 1970 | Grey-kollege, Bloemfontein | 6 November 1993 | 4 November 1999 |
Ollie le Roux | 54 | 600 | Fort Beaufort, 10 Mei 1973 | Grey-kollege, Bloemfontein | 4 Junie 1994 | 17 Augustus 2002 |
Martiens le Roux | 8 | 510 | Wesselsbron, 30 Maart 1951 | Hoërskool Wessel Maree, Odendaalsrus | 31 Mei 1980 | 30 Mei 1981 |
Willie le Roux | 54 | 848 | Stellenbosch, 18 Augustus 1989 | Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch | 8 Junie 2013 | 27 Julie 2019 |
Friedrich Lombard | 2 | 736 | Frankfort, 4 Maart 1979 | Hoërskool Wilgerivier, Frankfort | 16 November 2002 | 23 November 2002 |
Boetie McHardy | 5 | 134 | Bloemfontein, 11 Junie 1890 | Grey-kollege, Bloemfontein | 23 November 1912 | 11 Januarie 1913 |
Willie Meyer | 26 | 663 | Port Elizabeth, 6 November 1967 | Hoër Landbouskool Marlow, Cradock | 6 Desember 1997 | 9 November 2002 |
Oupa Mohoje | 19 | 859 | QwaQwa, 3 Augustus 1990 | HTS Louis Botha, Bloemfontein | 28 Junie 2014 | 2 Junie 2018 |
Helgard Müller | 2 | 551 | Bloemfontein, 1 Junie 1963 | Grey-kollege, Bloemfontein | 31 Mei 1986 | 26 Augustus 1989 |
Ox Nche | 1 | 893 | Bloemfontein, 23 Julie 1995 | HTS Louis Botha, Bloemfontein | ||
Jongi Nokwe | 4 | 767 | Keiskammahoek (Ciskei), 30 Desember 1981 | Kwamfumdo Secondary | 9 Augustus 2008 | 4 Julie 2009 |
Trevor Nyakane | 39 | 850 | Bosbokrand, 4 Mei 1989 | Hoërskoon Ben Vorster, Tzaneen | 8 Junie 2013 | 27 Julie 2019 |
Coenie Oosthuizen | 30 | 824 | Potchefstroom, 2 Maart 1989 | Grey-kollege, Bloemfontein | 9 Junie 2012 | 11 November 2017 |
Gysie Pienaar | 13 | 506 | Bloemfontein, 21 Desember 1954 | Dr. Viljoen, Bloemfontein | 3 Mei 1980 | 12 September 1981 |
Ruan Pienaar | 88 | 779 | Bloemfontein, 10 Maart 1984 | Grey-kollege, Bloemfontein | 26 Augustus 2006 | 30 Oktober 2015 |
Hennie Potgieter | 2 | 200 | 24 Oktober 1903 | 30 Junie 1928 | 21 Julie 1928 | |
Hermanus Potgieter | 1 | 493 | Kirkwood, 1 November 1953 | Hoërskool Kirkwood | ||
De Wet Ras | 2 | 488 | Harrismith, 28 Januarie 1954 | Hoërskool Harrismith | 24 Julie 1976 | 3 Mei 1980 |
Jaco Reinach | 4 | 542 | Ceres, 1 Januarie 1962 | Grey-kollege, Bloemfontein | 10 Mei 1986 | 31 Mei 1986 |
Raymond Rhule | 7 | 845 | Akkra, 6 November 1992 | HTS Louis Botha, Bloemfontein | 10 Junie 2017 | 16 September 2017 |
Jan Schlebusch | 2 | 472 | Kroonstad, 5 Mei 1949 | Afrikaans Hoër, Kroonstad (Rooiskool) | 13 Julie 1974 | 28 Junie 1975 |
Hendro Scholtz | 5 | 732 | Bethlehem, 22 Maart 1979 | Bethlehem Voortrekker Hoërskool | 27 Julie 2002 | 24 Oktober 2003 |
Hanyani Shimange | 9 | 761 | Elim, 17 April 1978 | Rondebosch Boys High | 26 Junie 2004 | 10 Junie 2006 |
Nelie Smith | 7 | 389 | Bloemfontein, 8 Mei 1934 | Hoërskool Sentraal, Bloemfontein | 24 Augustus 1963 | 21 Augustus 1965 |
Juan Smith | 70 | 746 | Bloemfontein, 30 Julie 1981 | Hoërskool Bloemfontein (JBM Hertzog) | 7 Junie 2003 | 23 Augustus 2014 |
Franco Smith | 9 | 643 | Lichtenburg, 29 Julie 1972 | Hoërskool Sand du Plessis, Bloemfontein | 6 Desember 1997 | 7 Augustus 1999 |
Jackie Snyman | 3 | 466 | Johannesburg, 14 April 1948 | Grey-kollege, Bloemfontein | 22 Junie 1974 | 27 Julie 1974 |
Gerrie Sonnekus | 3 | 473 | Senekal, 1 Februarie 1953 | Welkom-Gimnasium | 13 Julie 1974 | 9 Junie 1984 |
Rampie Stander | 5 | 479 | Kaapstad, 25 Desember 1944 | Hoërskool Vanderbijlpark | 27 Julie 1974 | 18 September 1976 |
Gurthrö Steenkamp | 53 | 764 | Paarl, 12 Junie 1981 | Paarl Hoër Jongenskool | 27 November 2004 | 22 November 2014 |
Theunis Stofberg | 21 | 489 | Villiers, 6 Junie 1955 | Grey-kollege, Bloemfontein | 14 Augustus 1976 | 9 Junie 1984 |
Adriaan Strauss | 66 | 800 | Bloemfontein, 18 November 1985 | Grey-kollege, Bloemfontein | 19 Julie 2008 | 26 November 2016 |
Popeye Strydom | 6 | 325 | Kareedouw, 20 Januarie 1932 | Grey-kollege, Bloemfontein | 3 September 1955 | 26 Julie 1985 |
Johan Styger | 7 | 566 | Bloemfontein, 31 Januarie 1962 | Grey-kollege, Bloemfontein | 15 Augustus 1992 | 21 Augustus 1993 |
Werner Swanepoel | 20 | 654 | Bloemfontein, 15 April 1973 | Grey-kollege, Bloemfontein | 5 Julie 1997 | 26 Augustus 2000 |
CJ van der Linde | 75 | 741 | Welkom, 27 Augustus 1980 | Grey-kollege, Bloemfontein | 16 November 2002 | 17 November 2012 |
Pieter van Zyl | 3 | 852 | Pretoria, 14 September 1989 | Grey-kollege, Bloemfontein | 15 Junie 2013 | 26 November 2016 |
Sakkie van Zyl | 4 | 410 | Dealesville, 1 Julie 1932 | Hoërskool Dealesville | 31 Julie 1965 | 18 September 1965 |
André Venter | 66 | 634 | Vereeniging, 14 November 1970 | Hoërskool Kroonstad (Blouskool) | 17 Augustus 1996 | 1 Desember 2001 |
Brendan Venter | 17 | 605 | Johannesburg, 29 Desember 1969 | Hoërskool Monument, Krugersdorp | 4 Junie 1994 | 15 Oktober 1999 |
Francois Venter | 7 | 877 | Bloemfontein, 19 April 1991 | Grey-kollege, Bloemfontein | 12 November 2016 | 2 Desember 2017 |
Vleis Visagie | 5 | 536 | Nelspruit, 27 Junie 1959 | Hoërskool Rob Ferreira, Witrivier | 2 Junie 1984 | 26 Junie 1993 |
Basie Viviers | 5 | 293 | Pietersburg, 1 Maart 1927 | Hoërskool Nylstroom | 26 Mei 1956 | 1 September 1956 |
Leon Vogel | 1 | 471 | Aliwal-Noord, 22 Oktober 1959 | Hoërskool Aliwal-Noord | ||
Harry Walker | 4 | 311 | Durban, 1 Julie 1928 | Kearsney-kollege | 19 September 1953 | 1 September 1956 |
Barry Wolmarans | 1 | 495 | Oudtshoorn, 22 Februarie 1953 | Hoërskool Oudtshoorn |
Spelers vir ander lande
[wysig | wysig bron]Vrystaatspelers wat vir ander internasionale spanne uitgedraf het in alfabetiese volgorde:[5]
Naam | Jare vir Vrystaat | Internasionale span |
---|---|---|
Skipper Badenhorst | 2010–2011 | Namibië |
Aranos Coetzee | 2016– | Namibië |
Ruben de Haas | 2018–2020 | Verenigde State |
Nelio de Sa | 1999 | Portugal |
Reinhardt Fortuin | 2020– | Nederland |
Hendré Fourie | 2003–2005 | Engeland |
Jack Gage | 1928–1934 | Ierland |
Michael Horak | 1999–2000 | Engeland |
Doug Jeffrey | 1978–1980 | Namibië |
Pieter Labuschagne | 2011–2014 | Japan |
WP Nel | 2009–2012 | Skotland |
Syd Newman | 1999–2000 | Engeland |
Theo Oosthuizen | 1986; 1990–1994 | Namibië |
Richardt Strauss | 2006–2009 | Ierland |
Torsten van Jaarsveld | 2014 | Namibië |
Corniel van Zyl | 2005–2007 | Italië |
Skeidsregters
[wysig | wysig bron]- Att Horak (1 toets in 1938)
- Max Baise (7 toetse tussen 1966 en 1974)
- Steve Strydom (11 toetse tussen 1979 en 1986)
- Gerrit Coetzer (1 toets in 1989)
- Prof. Arrie Schoonwinkel (1 toets in 1997)
- Jaco Peyper (12 toetse sedert 2011) [6]
- Lourens van der Merwe
Afrigters
[wysig | wysig bron]- Rassie Erasmus
- Naka Drotské
- Rory Duncan
- Franco Smith
Kapteins
[wysig | wysig bron]'n Onvolledige lys van sommige vorige Vrystaatkapteins.[7][8]
Nommer | Naam | Jaar (wedstryde) | Klub |
---|---|---|---|
Gawie de Villiers | 1999 (1) | UV | |
103 | Heinré Jacobs | 2000 (1) | UV |
104 | André van Niekerk | 2000 (1) | VS Technikon |
105 | Boela du Plooy | 2000 (7), 2001 (19), 2002 (2) 2003 (6), 2004 (2), 2005 (2) |
UV |
106 | Braam Els | 2000 (11) | Oud-Greys |
107 | Joe Beukes | 2001 (3), 2002 (10), 2004 (11) | Bloem Polisie |
108 | Tokkie Kasselman | 2001 (1) | Oud-Greys |
109 | Rassie Erasmus | 2002 (10), 2003 (8), 2004 (16) | Collegians |
110 | Os du Randt | 2003 (1) | VS Technikon |
111 | JP du Toit | 2003 (1) | UV |
112 | Ryno van der Merwe | 2003 (9), 2005 (4) | Oud-Greys |
113 | MJ Smith | 2005 (3) | Universiteit |
114 | Naka Drotské | 2005 (13) | UV |
115 | Willem de Waal | 2005 (1) | |
116 | Darron Nell | 2006 (12) | SUT |
117 | Chris Kruger | 2006 (1) | Collegians |
118 | Hendro Scholtz | 2006 (6), 2007 (2), 2008 (8) 2009 (5), 2010 (2) |
Bloem Polisie |
119 | Ollie le Roux | 2006 (10) | Oud-Greys |
120 | Flip van der Merwe | 2007 (5) | Universiteit |
121 | Bevin Fortuin | 2007 (2), 2009 (6) | Crusaders |
122 | Rory Duncan | 2007 (15) | SUT |
123 | Ashley Johnson | 2008 (10), 2009 (1) | SUT |
124 | Juan Smith | 2008 (5), 2010 (4) | Universiteit |
125 | Barend Pieterse | 2008 (3) | Bloem Polisie |
126 | Meyer Bosman | 2009 (1) | Universiteit |
127 | Adriaan Strauss | 2009 (9), 2010 (10), 2011 (12) 2012 (2), 2013 (2) |
Bloem Polisie |
128 | Nico Breedt | 2009 (3) | Oud-Greys |
129 | Barry Goodes | 2010 (10) | Oud-Greys |
130 | Eddie Fredericks | 2011 (9) | Crusaders |
131 | Andries Strauss | 2011 (3) | UV |
132 | Robert Ebersohn | 2012 (10) | UV |
133 | Boom Prinsloo | 2013 (9) | UV |
134 | Torsten van Jaarsveld | 2014 (10) | |
135 | Francois Uys | 2015 |
Die 2019 Curriebekerspan
[wysig | wysig bron]
Voorspelers |
Voorspelers
Agterspelers |
Agterspelers |
Rekords
[wysig | wysig bron]Alle rekords gemeld geld vir die Vrystaatse Rugbyunie:[9]
- Eerste Vrystaatse Springbok – Boetie McHardy
- Eerste driekuns – Boetie McHardy (teen die Grens op 21 Julie 1911)
- Eerste vierkuns – Boetie McHardy (teen die Grens op 7 Augustus 1914)
- Meeste loopbaandrieë – Chris Badenhorst (136)
- Meeste drieë in een wedstryd – Hermanus Potgieter (ses teen die Oos-Vrystaat op 31 Mei 1977)
- Meeste punte in een wedstryd – Jannie de Beer (46 punte teen die Noord-Vrystaat in 1997)
- Meeste drieë in een seisoen – Jan-Harm van Wyk (16 in die 1997 Curriebekerseisoen)
- Meeste punte in een seisoen – Kennedy Tsimba (230 in die 2003 Curriebekerseisoen)
- Meeste Curriebekerwedstryde – Helgard Müller (142 in 16 seisoene)
- Meeste wedstryde in Vrystaatkleure – Helgard Müller (245 in 16 seisoene)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Toyota Cheetahs Bulletin 14 Mei 2013" (html). Besoek op 14 Mei 2013.[dooie skakel]
- ↑ "Toyota Vrystaat Cheetahs en Cardiff Blues in geskiedkundige wedstryd" (html) (in Engels). Vrystaatse Rugbyunie. 20 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 22 Julie 2012.
- ↑ "Toyota Cheetah Bulletin 15 Oktober 2013". fscheetahs.com. 15 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 30 Oktober 2013. Besoek op 16 Oktober 2013.
- ↑ http://www.genslin.us/bokke/ProvinceData.aspx?ProvinceID=7 Besoek op 21 November 2009
- ↑ "Cheetahs Bulletin 39" (html). www.fscheetahs.co.za. 13 November 2012. Besoek op 13 November 2012.[dooie skakel]
- ↑ "Toyota Cheetah Bulletin 30 September 2013" (html). www.fscheetahs.co.za. 30 September 2013. Besoek op 1 Oktober 2013.[dooie skakel]
- ↑ "Toyota Cheetah Bulletin 6 Augustus 2013". www.fscheetahs.co.za. 6 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 22 September 2013. Besoek op 6 Augustus 2013.
- ↑ van Rensburg, F.J. (2021) Cheetahland: 125 jaar van lief en leed. 1895-2020. Edited by Vrystaat Cheetahs. Senekal, Vrystaat: Oranje Print & Packaging.
- ↑ Van Rensburg, Frikkie (19 Junie 2012). "Cheetah Bulletin 17" (html) (in Engels). www.fscheetahs.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 19 Junie 2012.