Frederick Brownell

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Fred Brownell
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Frederick Gordon Brownell
Gebore 8 Maart 1940 (1940-03-08) (79 jaar oud)
Bethlehem, Oranje-Vrystaat, Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Beroep Heraldikus, vlagkundige, genealoog
Bekend vir Vlae van Suid-Afrika en Namibië

Frederick Gordon (Fred) Brownell (gebore in 1940[1]) is 'n Suid-Afrikaanse heraldikus, vlagkundige en genealoog. Hy het onder andere die vlae van Namibië en Suid-Afrika ontwerp.[1] Hy is in 2000 met die Orde vir Voortreflike Diens bekroon.

Brownell het in 1977 as Assistent Staatsheraldikus by die Buro vir Heraldiek begin werk. In 1982 is hy tot Staatsheraldikus bevorder. Hy het in 2002 van die staatsdiens afgetree.

Hy het verskeie wapens en vlae ontwerp, insluitende die wapen en vlag van Namibië in 1990. In 1994 ontwerp hy die nuwe Suid-Afrikaanse vlag, met 'n konvergerende kruis wat die samesnoering van verskillende kulture in een toekomstige Suid-Afrika simboliseer. Hy het later ook die wapens vir die nuwe provinsiale regerings ontwerp en het talle artikels en boeke oor heraldiek en vlae gepubliseer.

Publikasies[wysig | wysig bron]

  • Brownell, F.G. (1956) The Seeds of Tomorrow: Celebrating One Hundred Years of Service to Commercial Growers and Home Gardeners, 1856-1956
  • Brownell, F.G. (1985) British Immigration to South Africa, 1946-1970
  • Brownell, F.G. (1987) Die Suid-Afrikaanse wapenboek
  • Brownell, F.G. (1987) Die Suid-Afrikaanse Wapenboek: 801 - 1200
  • Brownell, F.G. (1993) Nasionale en provinsiale simbole en flora en fauna-embleme van die Republiek van Suid-Afrika
  • Brownell, F.G. (1993) National and Provincial Symbols and flora and fauna emblems of the Republic of South Africa
  • Brownell, F.G. (1995) National Symbols of the Republic of South Africa
  • Brownell, F.G. (2002) Heraldry of the Church of the Province of Southern Africa

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Fred Brownell: The man who made South Africa's flag”. BBC News: 27 April 2014. URL besoek op 27 April 2014.