Vlag van Namibië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Vlag van Namibië
Vlag van Namibië
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 21 Maart 1990
Ontwerp ’n Rooi diagonale baan met wit fraaiings van onder aan die vlagpaalkant na bo aan die wapperkant met ’n blou driehoek aan die vlagpaalkant en ’n goue son in die skildhoek en ’n groen driehoek op die wapperkant.
Ontwerp deur Frederick Brownell

Die vlag van Namibië is op 21 Maart 1990 aanvaar met Namibië se onafhanklikwording van Suid-Afrika. Die vlag vertoon ’n rooi diagonale baan met wit fraaiings van onder aan die vlagpaalkant na bo aan die wapperkant met ’n blou driehoek aan die vlagpaalkant en ’n goue son in die skildhoek en ’n groen driehoek op die wapperkant. Nes die vlag van Suid-Afrika is die Namibiese vlag deur die Suid-Afrikaanse heraldikus Frederick Brownell ontwerp.

Simboliek[wysig | wysig bron]

Die Nasionale Subkomitee vir simbole het 870 voorstelle vir die nasionale vlag ontvang. Ses ontwerpe het die kortlys gemaak; dit is verder verminder tot drie, dié van drie Namibiërs – Theo Jankowski uit Rehoboth, Don Stevenson van Windhoek en Ortrud Clay van Lüderitz. Hierdie drie ontwerpe is gekombineer om die nasionale vlag van Namibië te vorm, wat op 2 Februarie 1990 eenparig deur die Konstituerende Vergadering goedgekeur is. Die drie ontwerpers is tydens die onthullingseremonie op 9 Maart 1990 in die openbaar deur regter Hans Berker, die voorsitter van die subkomitee, erken.[1]

Daar is egter twee ander aansprake gemaak – die Suid-Afrikaner Frederick Brownell het beweer dat hy die vlag in sy rol as Suid-Afrikaanse Staatsheraldikus ontwerp het.[2] Die ander aanspraakmaker was die Brit Roy Allen, wat beweer het dat die vlagontwerp die resultaat was van ’n kompetisie wat deur Hannes Smith van die Windhoek Observer aangebied is, wat hy gewen het.[3]

Kleure[wysig | wysig bron]

’n Wapperende vlag van Namibië

Die kleure van die Namibiese vlag word in die Staatskoerant beskryf.[4] In hierdie dokument word ook die konstruksie van die presidensiële vlag beskryf. Die toon of die spesifieke skadu vir wit is nie gespesifiseer nie.

Kleurmodel Blou Geel (goud) Groen Rooi
Pantone 294 C 116 C 347 C 186 C
Coates SP 5 809 1 802 65 35
RGB 0, 47, 108 (#002F6C) 255, 205, 0 (#FFCD00) 0, 154, 68 (#009A44) 200, 16, 46 (#C8102E)

Die woordvoerder van die subkomitee wat die vlag uitgekies het in ’n kompetisie waarin 850 ontwerpe ontvang is stel dit soos volg:

  • Rooi – verteenwoordig Namibië se belangrikste hulpbron, sy mense. Dit verwys na hul heldhaftigheid en deursettingsvermoë om ’n toekoms van gelyke geleenthede vir almal te bou.
  • Wit – verwys na eenheid en vrede.
  • Groen – verteenwoordig die plantegroei en landbouhulpbronne.
  • Blou – verteenwoordig die helder Namibiese lug en die Atlantiese oseaan, die land se kosbare waterhulpbronne en reën.[5]
  • Die goudgeel son stel lewe en lewenskrag, energie en warmte voor en die twaalf strale simboliseer die verskillende volke wat in Namibië woon.[6]

Ontwerp[wysig | wysig bron]

Die kleure van die vlag is ontleen aan die kleure van SWAPO, die belangrikste party in Namibië se stryd om onafhanklikheid. Die vlag is in 1971 aanvaar en bestaan uit drie diagonale strepe van blou, rooi en groen, die belangrikste kleure van die Ovambo’s, die grootste etniese groep in Namibië. Die vlag verteenwoordig ook die Demokratiese Turnhalle-alliansie, ’n ander Namibiese politieke party. Rooi, wit en blou was die kleure van die Demokratiese Turnhalle-alliansie en blou, rooi en groen die kleure van SWAPO.

Konstruksietekening

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Nadat die Duitse koopman Adolf Lüderitz in 1883 ’n stuk grond by Angra Pequena laat aankoop het (die baai waar Lüderitz vandag is), is die gebied in 1884 verklaar tot die protektoraat Duits-Suidwes-Afrika. Slegs die enklave Walvisbaai het Britse gebied gebly. Die vlag van die Duitse Ryk, ’n swart-wit-rooi driekleur, is vir die gebied aangewys. Daar is later voorstelle gemaak vir ’n swart-wit-rooi vlag met ’n onderskeidende wapen in die middel van die wit baan, om Duits-Suidwes-Afrika te kan onderskei, maar daar het niks van gekom nie.

Na die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het Suid-Afrikaanse troepe die gebied in 1915 beset. Tot 1990 het Suid-Afrika oor die gebied regeer, onder die naam Suidwes-Afrika. In hierdie periode het die onderskeie vlae van Suid-Afrika daar gewapper.

Ander vlae[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Kangootui, Herman; Amagola, Elizabeth (14 Junie 2018). "The Namibian flag: Its origins and spirit that inspire the nation". New Era.
  2. (en) FG Brownell (Desember 1990). Coats of Arms and Flags in Namibia.
  3. (en) Schütz, Helge (23 Oktober 2015). "Allen from Plymouth … The man who designed the Namibian flag". The Namibian. Besoek op 26 Maart 2020.
  4. (en) "Government Gazette of the Republic of Namibia, No. 6807" (PDF). Regering van die Republiek van Namibië. Besoek op 26 Maart 2020.
  5. (en) (verslag gelewer deur) F.G. Brownell (Desember 1990), Wapenskilde en vlae in Namibië  (’n Reeks van 8 artikels.)
  6. (en) "Namibia". Flags of the World. 2005. Besoek op 26 Maart 2020.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]