Geelbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Geelbos
Leucadendron microcephalum00.jpg
Leucadendron microcephalum01.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. microcephalum
Binomiale naam
Leucadendron microcephalum
(Gand.) Gand. & Schinz

Die geelbos (Leucadendron microcephalum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap waar dit voorkom by Kogelberg, Kleinmond, Kleinrivierberge, Groenlandberg, Hottentots-Hollandberge, Du Toit's Kloof en Riviersonderendberge.

Die struik word 2.0 m hoog en blom in Julie. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand en word deur die wind versprei, die sade het vlerkies. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein kewers bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in kliperige sandsteengrond op hoogtes van 0 - 1 330 m.

In Engels staan dit as die Oilbract conebush bekend.

Bronne[wysig | wysig bron]