Gordon Cooper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gordon Cooper
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Gordon Cooper in September 1964

Geboortenaam Leroy Gordon Cooper Jr.
Gebore (1927-03-06)6 Maart 1927
Shawnee, Oklahoma
Oorlede 4 Oktober 2004 (op 77)
Ventura, Kalifornië
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Ouers Leroy Gordon Cooper Sr.
Hattie Lee (née Herd) Cooper
Beroep ruimtevaarder
Ander poste, ampte toetsvlieënier

Leroy Gordon "Gordo" Cooper Jr. (* 6 Maart 1927 – † 4 Oktober 2004; Kolonel Amerikaanse Lugmag), was 'n Amerikaanse lugvaartingenieur, toetsvlieënier, vlieënier in die Amerikaanse Lugmag en een van die oorspronklike ruimtemanne van die Mercury Sewe.

Cooper het in die laaste Mercury-missie gevlieg, wat ook die langste missie was. Hy is die eerste Amerikaner wat in die ruimte geslaap het gedurende die 34-uur lange sending. Hy is ook die laaste Amerikaner wat op 'n solovlug die ruimte ingestuur is. In 1965 was hy die vlieënier van Gemini 5 se beheermodule.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]