Groenkopeend
Groenkopeend | |
---|---|
Wyfie (links) en mannetjie (regs) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. platyrhynchos
|
Binomiale naam | |
Anas platyrhynchos | |
globale verspreiding (natuurlik en ingevoer) | |
Sinonieme | |
Anas boschas Linnaeus, 1758 |
Die groenkopeend (Anas platyrhynchos) is 'n algemene en wydverspreide eendvoël wat wat inheems is aan Noord-Amerika en Eurasië. Dit is uit Europa na ondermeer Suid-Afrika en Australië uitgevoer. Die voël is 50 tot 64 cm groot en weeg 850 tot 1 400 g. Hulle verbaster gereeld met die geelbekeend, en af en toe met die swarteend en Kaapse slopeend.
Die spesie is 'n relatief groot en swaar eend met 'n lang lyf en 'n lang, breë snawel. Die mannetjie het 'n geel snawel en in broeidrag 'n donkergroen kop, en is hoofsaaklik persbruin oor die bors geveerd en grysbruin op die lyf. Die wyfie het 'n oranje snawel en is oorwegend bruin geveerd. Hulle broei regdeur Europa in enige geskikte vleiland, maar is skaarser in hoogliggende streke. Dié wat in koue noordelike streke soos Ysland en Skandinawië broei trek vir die winter suidwaarts, na byvoorbeeld die Verenigde Koninkryk, waar daar ook inwonende broeiers is wat heeljaar teenwoordig is.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]- Beweeg muis oor foto om byskrif te lees
-
'n Mannetjie in broeikleed
-
Kop van 'n mannetjie in broeidrag
-
Wyfie besig om te land
-
Nes met eiers
-
Wyfie met kuikens
-
Wyfie met kuikens
-
Eiers uit 'n museumversameling
-
Kuiken
Sien ook
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Anas platyrhynchos. |
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron
[wysig | wysig bron]- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BirdLife International (2012). "Anas platyrhynchos". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)