Groot-Bergrivier
Bergrivier | |
---|---|
Die Bergrivierdam.
| |
Stroomgebied | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Monding | Atlantiese Oseaan |
Lengte | 294 km |
Koördinate: 32°46′13″S 18°8′41″O / 32.77028°S 18.14472°O |
Die Groot-Bergrivier is die tweede grootste rivier in die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika. Dit is naastenby 294 km lank en strek van die Drakensteinberge tot by Velddrif. Die opvanggebied is 7 715 km² groot. Omtrent 65% van die Bergrivierarea is onder landbou-aktiwiteite. Die hoofdorpe in die Bergrivierarea is Velddrif en Laaiplek naby die kus, Piketberg, Hopefield, Moorreesburg en Darling meer binneland toe en Wellington, Paarl en Franschhoek naby die oorsprong.
Die rivier is eers in 1872 vir die eerste maal in sy volle lengte bevaar met 'n hout boot, die Zephyr. Dit het 9 dae geduur.
Vis
[wysig | wysig bron]Die Bergrivier-rooivlerkie is endemies aan die rivier.
Kanowedvaart
[wysig | wysig bron]Die Bergrivier is jaarliks in Julie gasheer vir een van die langste kanomaratons in die wêreld, die Bergrivier-kanowedvaart.
Die Bergrivierdam is gedurende 2008 voltooi in die Bergrivier naby Franschhoek.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Burman, Jose: Waters of the Western Cape. Kaapstad: Human & Rousseau, 1970.
- Green, Lawrence G.: On wings of fire. A narrative of odd and unusual characters and queer, remote places along the flamingo coast from Swakopmund to the Cape. Kaapstad: Howard Timnins, 1982. ISBN 0-86978-212-6
- Green, Lawrence G.: The coast of treasure. Kaapstad: Howard Timmins, 1983. ISBN 0-86978-048-4
- Green, Lawrence G.: So few are free. Kaapstad: Howard Timmins, 1983. ISBN 0-86978-247-9
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Bergriver-opvanggebied Geargiveer 8 Oktober 2006 op Wayback Machine
- Bergrivier-projek Geargiveer 6 Februarie 2007 op Wayback Machine
- Kaapse galaxia (Galaxias zebratus) Geargiveer 27 Mei 2011 op Wayback Machine
Provinsie Wes-Kaap | |
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg |