Groot-pikkewyne
Groot-pikkewyne Tydperk: Sedert Plioseen
| |
---|---|
A. forsteri | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Sphenisciformes |
Familie: | Spheniscidae |
Genus: | Aptenodytes |
Spesies | |
Verspreiding van groot-pikkewyne: ██ Aptenodytes forsteri |
Die groot-pikkewyne (Aptenodytes) is 'n voëlgenus in die familie van pikkewyne (Spheniscidae). Die wetenskaplike naam Aptenodytes is afgelei uit Grieks en beteken "vluglose duiker".
Die pikkewyne wat aan die genus groot-pikkewyne behoort, is waarskynlik die bekendste pikkewyne onder die algemene publiek. Hulle swart en wit verekleed met geel-oranje nekmerke is so bekend dat hulle wêreldwyd die "tipiese" voorstelling van pikkewyne verteenwoordig.
In werklikheid is pikkewyne in dié genus egter ver van wat miskien as die grondplan vir 'n pikkewyn gesien kan word. Die twee pikkewyne is baie groter en swaarder as die res van die pikkewyne. Verder is hulle die enigste pikkewyne wat geen neste bou nie, maar hulle eiers op hulle voete uitbroei.
Spesies
[wysig | wysig bron]Slegs twee van die 18 pikkewynspesies word in die genus Aptenodytes saamgevat. Dit is die keiserpikkewyn (Aptenodytes forsteri) en die effens kleiner koningpikkewyn (Aptenodytes patagonicus).
Galery
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groot-pikkewyne.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Groot-pikkewyne