Gustav Mahler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gustav Mahler
Gustav Mahler 1909.jpg
Gustav Mahler in 1909
Geboorte7 Julie 1860
Kalitscht, Boheme, Keiserryk Oostenryk (tans Tsjeggië)
Afsterwe18 Mei 1911
Wene, Oostenryk-Hongarye (tans Oostenryk)
Beroep(e)Komponis en dirigent
Genre(s)Romantiek
Mahler-signature.svg
Portal.svg Musiekportaal

Gustav Mahler (7 Julie 186018 Mei 1911) was 'n Tsjeggies-Oostenrykse komponis en dirigent. Mahler was een van die laaste groot komponiste van die Romantiese tydperk. Hy het tien simfonieë geskryf (die tiende een is nie voltooi nie), asook verskeie versamelings liedjies met orkesbegeleiding. Hy was veral geïnteresseerd in Duitse volksliedjies, en het nuwe maniere gevind om volksliedjies met groot simfonieorkeste te gebruik. Die simfonie, Das Lied von der Erde (Die Lied van die Aarde) is een van sy grootste werke, wat sang en simfonie kombineer. Hy was ook 'n belangrike dirigent wat gehelp het om die Weense Opera wêreldberoemd te maak.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]