Harshavarman I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Harshavarman I
Koning van die Khmer-ryk
Bewind 910-923
Voorganger Yasovarman I
Opvolger Ishanavarman II
Dinastie Khmer-ryk
Vader Yasovarman I
Moeder Suster van Jayavarman IV
Eggenote Kambujarajalakshmi
Oorlede 923
Harshavarman se tempel, Baksei Chamkrong.

Harshavarman I (Khmer: ហស៌វរ្ម័នទី១; oorl. 923) was van 910-923 n.C. koning van die Khmer-ryk. Hy word onder andere genoem deur David P. Chandler, een van die voorste kenners van Kambodja se moderne geskiedenis.[1][2]

Lewe[wysig | wysig bron]

Harshavarman was die seun van koning Yasovarman I en sy vrou, wat ’n suster van Jayavarman IV was.[3] Hy het ’n jonger broer, Ishanavarman II, gehad. Sy vrou se naam was Kambujarajalakshmi.

Die bewind van Harshavarman en sy jonger broer was ’n tydperk van onstabiliteit vir die Khmer-ryk. Albei was betrokke in ’n magstryd met hul ma se broer Jayavarman IV – dié konflik het deur Harshavarman se hele bewind voortgeduur. Jayavarman is eindelik uit Angkor verdryf en het sy eie hoofstad 100 km van daar gestig.[4]

Niks anders is bekend van Harshavarman nie, buiten dat hy ’n klein tempelberg, Baksei Chamkrong, laat bou het wat hy aan sy ouers opgedra het.[5][6]:359,362[7]:114

Hy is in 923 dood en is deur Ishanavarman II opgevolg.[8]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Book Review: Voices from S-21" Geargiveer 12 Oktober 2008 op Wayback Machine. The American Historical Review (October 2002).
  2. SBS French program[dooie skakel]. Special Broadcasting Service (10 Desember 2007).
  3. Higham, 2001: p.70
  4. Briggs, Lawrence Palmer. The Ancient Khmer Empire. Transactions of the American Philosophical Society 1951, bl. 115.
  5. "The temple complex of Angkor Baksei Chamkrong". CambodianOnline.Net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op October 13, 2008. Besoek op October 13, 2008. 
  6. Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., ISBN 9786167339443
  7. Coedès, George (1968). Walter F. Vella, red. The Indianized States of Southeast Asia. trans.Susan Brown Cowing. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-0368-1. 
  8. The Khmers, Ian Mabbet en David P. Chandler, Silkworm Books, 1995, bl. 262.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Konings van die Khmer-ryk
Jayavarman IIJayavarman IIIIndravarman IYasovarman IHarshavarman IIshanavarman IIJayavarman IVHarshavarman IIRajendravarman IIJayavarman V • Udayadityavarman I / Jayaviravarman / Suryavarman ISuryavarman IUdayadityavarman IIHarshavarman IIIJayavarman VIDharanindravarman ISuryavarman IIDharanindravarman IIYasovarman IITribhuvanadityavarmanJayavarman VIIIndravarman IIJayavarman VIIIIndravarman IIIIndrajayavarmanJayavarmadiparamesvara • Trosok Peam • Nippean Bat • Lompong Racha • Soryavong • Borom Reachea I • Thomma Saok • In Reachea • Barom Reachea II