Gaan na inhoud

Ishanavarman II

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ishanavarman II
Koning van die Khmer-ryk
Bewind c. 923-928
Voorganger Harshavarman I
Opvolger Jayavarman IV
Dinastie Khmer-ryk
Vader Yasovarman I
Moeder Suster van Jayavarman IV
Oorlede 928
Prasat Kravan is in Ishanavarman se tyd gebou.

Ishanavarman II (Khmer: ឦសានវរ្ម័នទី២; oorl. 928) was ’n koning van die Khmer-ryk, vermoedelik van 923 tot 928. Sy heerskappy was moontlik beperk tot Angkor en die streek om en wes van Battambang.[1]

Ishanavarman was die jongste seun van koning Yasovarman I en sy vrou, wat ’n suster van Jayavarman IV was.[2]:70 Hy het ’n ouer broer, Harshavarman I, gehad.

Ishanavarman het sy oorlede broer in 923 opgevolg. Sy bewind was waarskynlik onstuimig en chaoties. Hy en sy broer was albei betrokke in ’n magstryd met hul ma se broer Jayavarman IV. Dié het in 921 reeds sy eie hoofstad 100 km van Angkor gestig.[3]

Die tempel Prasat Kravan is tydens Ishanavarman se bewind gebou. Niks anders is oor hom bekend nie, behalwe dat hy in 928 dood is en die postume naam Paramarudraloka gekry het.[4]:114

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. The Khmers, Ian Mabbet en David P. Chandler, Silkworm Books, 1995, bl. 262.
  2. Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., ISBN 9786167339443
  3. Briggs, Lawrence Palmer. The Ancient Khmer Empire. Transactions of the American Philosophical Society 1951, bl. 115.
  4. Coedès, George (1968). Walter F. Vella (red.). The Indianized States of Southeast Asia. vert. Susan Brown Cowing. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-0368-1.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]