Hillbrow-toring
Die Hillbrow-toring is 'n toring in Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in die gelyknamige buurt, is tussen Junie 1968 en April 1971 opgerig, en op 270 meter hoog een van die hoogste strukture in Afrika. Dit is oorspronklik genoem na die voormalige eerste minister J.G. Strijdom, maar staan tans bekend as die Hillbrow-toring. Dit behoort aan Telkom, en is hoofsaaklik opgerig om as mikrogolftoring te dien, en gevolglik moes dit hoër as die omliggende woonstelgeboue wees. Vroeër het die boonste verdiepings as toeristeaantreklikheid gedien met 'n uitkykpunt vir 200 mense asook 'n draairestourant. Dit is egter om veiligheidsredes in 1981 gesluit en dien tans as kantore vir Telkom.
In 2009 is 'n 35 ton sokkerbal vir die 2010 FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi tydelik as bemarking op die toring aangebring.[1]
Fotogalery
[wysig | wysig bron]Hilbrow-toring | |||||||||
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Hillbrow Tower gets on the ball". Engineering News. 18 Desember 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2011. Besoek op 19 Junie 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Hillbrow-toring. |
- (en) Beskrywing by joburg.org.za Geargiveer 23 Desember 2015 op Wayback Machine
- (de) Hillbrow-toring by structurae