Hottentotgouemol
Hottentotgouemol | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. hottentotus
|
Binomiale naam | |
Amblysomus hottentotus (A. Smith, 1829)
| |
Subspesie | |
Amblysomus hottentotus hottentotus | |
Verspreiding |
Die Hottentotgouemol (Amblysomus hottentotus) is deel van die familie Chrysochloridae en kom aan die kusgebiede en dieper in Suid-Afrika voor vanaf Kaapstad tot Richardsbaai en ook in KwaZulu-Natal. Dié familie is nie verwant aan knaagdiermolle nie.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die soogdier het nie oë, ore of 'n stert nie maar het lang kloue en 'n skopagtige snoet om mee te grawe. Aan die bokant is hulle donker rooibruin met 'n persbrons skynsel. In sy gesig is oogkolletjies. Die diertjie word 13 cm lank en 75 g swaar.
Habitat en gewoontes
[wysig | wysig bron]Hulle kom op grasveld in sandgrond voor en eet insekte, erdwurms, slakke en plantmateriaal. Die mol grawe tonnels net onder die oppervlakte van die grond maar stoot nie hope soos molrotte nie. Een tot twee kleintjies word vroeg in die somer gebore.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere
- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name
- Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron
[wysig | wysig bron]- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Bronner, G. (2008). Amblysomus hottentotus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 29 Desember 2008.