Jacob Maré

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jacob Phillipus Maré
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Bynaam Jors Voeter[1]
Gebore 1823
Nuweveld, Beaufort
Oorlede 2 November 1900 (op 77)
Middelburg, ZAR
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Beroep Volksraadslid
Bekend vir Straatnaam in Ou-Pretoria is na hom genoem.
Religie NG, NH
Huweliksmaat Helena Johanna Strydom (1858); Cornelia S.J. Erasmus (1859); Johanna Catharina Schabort (weduwee Bosman) (1875)
Die Transvaalse Volksraad 1885. Maré se portret is in die middel onder dié van pres. S.J.P. Kruger.

Jacob Maré was een van drie broers, Voortrekkers, wat vanuit Natal na Transvaal verhuis het. Hy was betrokke in die Slag van Bloedrivier. Sy kleinneefs Dietlof Siegfried Maré, 'n landdros van Soutpansberg (Pietersburg), en Frederik Korsten Maré, seuns van Paul Maré, het hoë ampte in die ZAR beklee. Jacob Maré was 'n lid van die Uitvoerende Raad van die Zuid-Afrikaansche Republiek en was ook bekend as Jors Voeter omdat hy so kwaai kon spook om sy mening deur te druk.[1]

Sarie Marais[wysig | wysig bron]

Sy dogter Sarie was die Sarie Maré (die drukkersduiwel het die spelling van die van na Marais verander) wat deur J.P. Toerien in die bekende liedjie Sarie Marais besing word.[1]

Straatnaam[wysig | wysig bron]

Jacob Maréstraat in Pretoria is na hom genoem, en in 2012 is dié straatnaam na Jeff Masemolastraat verander.[2]

Jacob Philippus, die oudste seun uit Maré se derde huwelik, was een van die vyf studente of oudstudente van die Teologiese Skool Burgersdorp was in die Tweede Vryheidsoorlog gesneuwel het.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 "Repository.up.ac.za: Oktober 2011, Die geskiedenis van ou Pretoria," (PDF). Besoek op 14 Mei 2016.
  2. "ShowMe: Pretoria's new street names" (PDF). Besoek op 14 Mei 2016.