Jason Jaftha
Voorkoms
| |||||
Volle naam | Jason Jamaine Jaftha | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 4 Mei 1985 | ||||
Loopbaan as skeidsregter | |||||
Jare | Kompetisie | Weds | |||
2013 2009–2013 |
Superrugby Curriebeker |
6 39 | |||
korrek soos op 28 Februarie 2017. |
Jason Jaftha (* 4 Mei 1985) is ’n rugbyskeidsregter wat verbonde was aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Hy was op SARU se nasionale paneel en kom van die Suid-Kaap (SWD-unie) waar hy aan die Hoërskool Zwartberg skoolgegaan het.[1] Jaftha het sy eerste internasionale wedstryd op 14 November 2012 geblaas in ’n wedstryd tussen Zimbabwe en Spanje.[2]
Teen die einde van 2015 is hy, weens sy beseringsrekord, van die Skeidsregtersvereniging se Elitepaneel na hul Nasionale Paneel afgegradeer,[3] en geheel-en-al van die skeidsregterspaneel verwyder vir 2017.[4]
Kollegas
[wysig | wysig bron]- Quinton Immelman
- Craig Joubert
- Marius Jonker
- Stuart Berry
- Jaco Peyper
- Rasta Rasivhenge
- Lourens van der Merwe
- Pro Legoete
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Jason Jaftha by SARugby.co.za
- ↑ "Skeidsregter Jaftha maak toetsdebuut" (html) (in Engels). Sport24. 5 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 1 Oktober 2013.
- ↑ South African Rugby Referees' Association (2 Desember 2015). "Refs panels for 2016". Persberig. http://www.sareferees.com/News/refs-panels-for-2016/2830558/. Besoek op 3 Desember 2015.
- ↑ SA Rugby Referees (5 December 2016). "Seconds promoted to Premier Panel". Persberig. http://www.sareferees.com/News/seconds-promoted-to-premier-panel/2830800. Besoek op 5 Desember 2016.