Marius Jonker
Voorkoms
| |||||
Geboortedatum | 19 Junie 1968 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Kimberley, Suid-Afrika | ||||
Loopbaan as skeidsregter | |||||
Jare | Kompetisie | Weds | |||
2007 2005–14 2005–14 2006 2005 2004 |
Rugbywêreldbeker Superrugby Curriebeker Pasifiese Nasiesbeker o/21 Wêreldbeker o/19 Wêreldbeker |
Marius Jonker (* 19 Junie 1968 in Kimberley, Noord-Kaap) was ’n Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter. Hy was een van Suid-Afrika se top rugbyskeidsregters en een van die skeidsregters vir die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk. Hy het gereeld opgetree in Curriebeker- en Superrugbywedstryde.
Jonker het diens gedoen by talle internasionale wedstryde, insluitende middel-van-die-jaar toetse en die IRR Stille Oseaan Vyf-Nasiesreeks. Hy het saam met Wayne Barnes van Engeland en Nigel Owens van Wallis sy wêreldbekerdebuut by die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk gemaak.
Hy het aan die einde van die 2014-seisoen uitgetree as skeidsregter met die internasionale kragmeting tussen Namibië en Duitsland, sy laaste wedstryd.[1]
Suid-Afrikaanse kollegas
[wysig | wysig bron]- Quinton Immelman
- Craig Joubert
- Stuart Berry
- Jason Jaftha
- Pro Legoete
- Jaco Peyper
- Rasta Rasivhenge
- Lourens van der Merwe
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Rugby World Cup 2007 match official appointments set Geargiveer 13 Mei 2007 op Wayback Machine IRB.com
- RWC debut for Marius Jonker Geargiveer 30 September 2007 op Wayback Machine news24.com
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Marius Jonker calls it a day". Sport24. 30 Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2017. Besoek op 30 Oktober 2014.