4 Mei
Voorkoms
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
4 Mei is die 124ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (125ste in skrikkeljare). Daar volg nog 241 dae in die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1408 – Pous Gregorius XII belê 'n vergadering van die kardinale in Lucca en verbied hulle om die stad te verlaat. Sewe kardinale ignoreer die bevel en vertrek na Pisa.
- 1493 – Pous Alexander VI publiseer die bul Inter Caetera wat die nuut-ontdekte Amerikas verdeel tussen Spanje en Portugal.
- 1671 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word aartsbiskop van Lecce.
- 1791 – Pous Pius VI publiseer Quo luctu met die toelating dat nie-priesters die sakramente mag bedien tydens die Franse onderdrukking.
- 1799 – Vierde Mysore-oorlog: Britse troepe verower Shrirangapattana, die hoofstad van die Suid-Indiese koninkryk Mysore. Tydens die aanval sterf Sultan Tipu en word Mysore Britse Protektoraat.
- 1904 – Amerikaanse Weermag Ingenieurs begin werk aan die Panama-kanaal.
- 1912 – Italiaans-Turkse-oorlog: Italië verower die Dodekanese en beset die eiland Rhodos. Die eiland bly onder Italiaanse heerskappy tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die troepe-transportskip Transylvania word deur die Duitse duikboot U 63 in die Golf van Genua gesink en 412 soldate en lede van die bemanning sterf.
- 1924 – Die Olimpiese Somerspele 1924 open in Parys, Frankryk.
- 1930 – Britse polisie neem Mahatma Gandhi in hegtenis en plaas hom in die Yeravda-gevangenis.
- 1932 – In Atlanta, Georgia, begin Al Capone sy elf jaar lange gevangenisstraf vir belastingontduiking.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Slag van die Koraalsee begin met die lansering van gevegsvliegtuie vanaf die Amerikaanse en Japannese vliegdekskepe. Die Amerikaanse taakmag FOX van die vliegdekskip USS Yorktown (CV-5) val Japannese eenhede aan wat op 3 Mei op die eiland Tulagi geland het.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Bevryding van die konsentrasiekamp Neuengamme naby Hamburg deur die Britse Leër.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Admiraal Hans-Georg von Friedeburg onderteken op die Timeloberg, voor veldmaarskalk Montgommery, in opdrag van die laaste rykspresident Karl Dönitz, die kapitulasie-ooreenkoms van alle Duitse troepe in Noordwes-Duitsland, die Nederlande en Denemarke.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die 2de Franse Pantserdivisie onder generaal-majoor Leclerc bereik teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog die huis van Adolf Hitler op die Obersalzberg by Berchtesgaden.
- 1948 – Norman Mailer se eerste boek, The Naked and the Dead, word uitgegee.
- 1959 – Die eerste Grammys word aangekondig.
- 1970 – Viëtnamoorlog: Kent State-skietvoorval: Die Ohio Nasionale Wag, wat op die Kent State-universiteit kampus ontplooi is as gevolg van onrus aan die universiteit, skiet vier studente dood en wond nege ander. Die studente het teen die Kambodjaanse veldtog van die Verenigde State en Suid-Viëtnam betoog.
- 1978 – Suid-Afrikaanse Grensoorlog: Die veldslag by Kassinga in Angola begin.
- 1979 – Margaret Thatcher word ingehuldig as die eerste vroulike eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1008 – Koning Henri I van Frankryk († 1060).
- 1654 – Keiser Kangzi van China († 1722).
- 1718 – Jean-Philippe de Chéseaux, ’n sterrekundige van Lausanne in Switserland († 1751).
- 1825 – Thomas Henry Huxley, Britse bioloog en hoofverteenwoordiger van die Agnostisisme († 1895).
- 1880 – Bruno Taut, Duitse argitek en stadsbeplanner († 1938).
- 1909 – Howard Da Silva, Amerikaanse akteur en regisseur († 1986).
- 1914 – Hilgard Muller, Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party, minister van buitelandse sake († 1985).
- 1923 – Eric Sykes, Britse akteur en komediant († 2012).
- 1925 – Peter Blum, Afrikaanse digter († 1990).
- 1925 – Ruth First, Suid-Afrikaanse skrywer en anti-apartheidsaktivis († 1982).
- 1928 – Hosni Mubarak, voormalige Egiptiese president († 2020).
- 1929 – Audrey Hepburn Engelse aktrise († 1993).
- 1944 – Monica Bleibtreu, Oostenrykse aktrise († 2009).
- 1960 – Raymond Zondo, adjunkhoofregter van Suid-Afrika.
- 1979 – Lance Bass, Amerikaanse musikant (NSYNC).
- 1983 – Brad Bufanda, Amerikaanse akteur (* 1983).
- 1985 – Jason Jaftha, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter.
- 1989 – Trevor Nyakane, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1687 – Johannes Overney, die agste predikant wat in diens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (* onbekend)
- 1799 – Tipu Sultan, Moslem Indiese militêre leier. Heerser van die Mysore-koninkryk in Suid-Indie (* 1750).
- 1919 – Richard Alexander Georg Wühner, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1872).
- 1975 – Moe Howard, Amerikaanse akteur en komediant (Three Stooges) (* 1897).
- 1980 – Josip Broz Tito, president van Joego-Slawië (* 1892).
- 1998 – Worsie Visser, Afrikaanse sanger (* 1963).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Herdenking vir die Dooies (Nederland)
- China - Jeugdag
- Kassingadag (Namibië)