John Cabot
John Cabot | |
---|---|
Gebore | ca. 1450 Castiglione Chiavarese, Republiek Genua of Gaeta, Koninkryk Napels |
Sterf | ca. 1498 of 1500 |
Nasionaliteit | Venesië |
Beroep | Navigator en ontdekkingsreisiger |
Bekend vir | Eerste Europeër sedert die Noorse kolonisasie om dele van Noord-Amerika se kus te verken |
Eggenoot | Mattea |
Kinders | Ludovico, Sebastian en Sancto[1] |
John Cabot (Italiaans: Giovanni Caboto; Venesiaans: Zuan Chabotto; 1450–1498) was ’n Italiaanse seevaarder en ontdekkingsreisiger wat vir koning Hendrik VII van Engeland gewerk en in 1497 die kus van Noord-Amerika bereik het.[2] Hy het in 1497 vanaf Engeland weswaarts in sy skip, die Matthew, gevaar, en gedink hy het Asië ontdek.[3] Hy het egter Kanada ontdek, wat hy vir koning Hendrik VII opgeëis het.[4] Die presiese plek waar Cabot geland het is nie bekend nie.
Lewensloop
[wysig | wysig bron]Giovanni Caboto (sy Italiaanse naam) is waarskynlik in 1450 in Genua gebore.[5] Daar is nie veel oor sy vroeë lewe bekend nie, maar sy gesin het toe hy nog jonk was na Venesië getrek. Venesië was 'n groter hawe as Genua, en was destyds die belangrikste hawe in Europa.[5] Daar het hy baie oor seilvaart en die see geleer. Cabot het 'n uitstekende matroos geword. Sy pa was 'n handelaar en het Giovanni (John) alles oor die speseryhandel geleer.
In ongeveer 1482 trou Cabot met 'n jong vrou genaamd Mattea (vroulike vorm van Matthew)[5] Hulle het drie seuns gehad, wat almal saam met hul pa gevaar het.[5] Teen die tyd was hy 'n handelaar wat wyd gereis het.[6] In ongeveer 1490 trek hy en sy familie na die hawe van Bristol in Engeland.
In 1497 vertrek hy van Bristol om vir 'n roete na die weste te soek. Hy het sewe weke oor die Noord-Atlantiese Oseaan gevaar.[7] Sy skip, die Matthew, het 20 man aan boord gehad. Gedurende die reis het hulle enorme hoeveelhede kabeljou gesien.[7] Vissermanne het later gevolg om hierdie ryk visvelde te ontgin.[7]
Cabot het in ongeveer 1499 in Engeland gesterf.[8]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Catholic Encyclopedia "John & Sebastian Cabot"" (in Engels). newadvent. 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 17 Mei 2008.
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ "John Cabot Biography Explorer (c. 1450–c. 1499)" (in Engels). Bio/A&E Television Networks, LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2019. Besoek op 16 Desember 2015.
- ↑ "John Cabot" (in Engels). History/A&E Television Networks, LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 16 Desember 2015.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 5,3 Robin S. Doak, Cabot: John Cabot and the Journey to North America (Minneapolis, MN: Compass Point Books, 2003), bl. 4–12
- ↑ "John Cabot – c.1450 – 1498" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2019. Besoek op 16 Desember 2015.
- ↑ 7,0 7,1 7,2 Doug Sylvester, World Explorers (San Diego: Classroom Complete Press Ltd, 1997), p. 36
- ↑ "John Cabot: Explorer" (in Engels). EnchantedLearning.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2002. Besoek op 16 Desember 2015.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie John Cabot.