Gaan na inhoud

Jonathan Rhys Meyers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jonathan Rhys Meyers
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Jonathan Rhys Meyers in 2013

Geboortenaam Jonathan Michael Francis O'Keeffe
Geboorte 27 Julie 1977
Dublin, Ierland
Nasionaliteit Iers
Beroep(e) Akteur
Rolprente Velvet Goldmine, Bend It Like Beckham, Match Point, Mission Impossible III; Elvis (TV-reeks), The Tudors (TV-reeks)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Jonathan Rhys Meyers (* 27 Julie 1977 as Jonathan Michael Francis O'Keeffe[1]) is 'n Ierse akteur wat internasionale bekendheid verwerf het met rolprente soos Velvet Goldmine (1998), Bend It Like Beckham (2002), Match Point (2005) en Mission Impossible III (2006) en sy hoofrolle in televisiereekse - as Elvis Presley in die biografiese minireeks Elvis (2005), en as koning Hendrik VIII van Engeland in die Britse uitsaaikorporasie BBC se historiese dramareeks The Tudors (2007–10).[2]

As model was hy tot en met 2011 verskeie kere betrokke by advertensieveldtogte vir Hugo Boss se fyngeur Element wat in 2009 geloods is, en in 2007 vir die Italiaanse mode-etiket Versace.[3][4] Rhys Meyers bly tans in Londen en Los Angeles.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "www.biography.com: Jonathan Rhys Meyers. Besoek op 16 Mei 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2017. Besoek op 16 Mei 2017.
  2. TV Guide: Jonathan Rhys Meyers. Besoek op 16 Mei 2017
  3. "www.cosmopolitan.de, 13 Januarie 2009: Jonathan Rhys im Interview - Auf einen Spaziergang! Besoek op 16 Mei 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 16 Mei 2017.
  4. fashionadexplorer.com: Jonathan Rhys Meyers for Versace by Mario Testino. Besoek op 16 Mei 2017[dooie skakel]