Gaan na inhoud

Jubaland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jubaland Staat van Somalië
Vlag van Landswapen van
(Vlag) (Landswapen)
Nasionale leuse: geen
Ligging van
Amptelike taal Arabies, Somalies
Hoofstad Garbahaarreey
03°21′N 42°16′O / 3.350°N 42.267°O / 3.350; 42.267
Grootste stad Kismayo
Regering Republiek
Mohamed Abdi Mohamed
beset
verklaar
cliamed en beheer
van Somalië
2010
opgeeis
Oppervlakte
 - Totaal
 - Water (%)

87 000 km² (onbekend)
byna geen
Bevolking
 - Soos op 2005 skatting
 - Soos op sensus
 - Digtheid

1 300 000 (onbekend)

15/km² (onbekend)
BBP (PPP)
 - Soos op onbekend totaal
 - Per capita

onbekend (onbekend)
onbekend (onbekend)
Geldeenheid Somali shilling (SOS)
Tydsone
 - Somertyd
+3 (UTC+3)
+3 (UTC+3)
Volkslied Somalia Tosow
Internet-TLD .so
Skakelkode +252

Jubaland (Arabies: جوبالاند‎, Somalies: Jubbaland Italiaans: Oltregiuba ), ook Azanië of Juba Valley, is sedert 2010 'n omstrede gebied in die suidelike deel van Somalië en was ook tussen 1998 en 1999 'n omstrede gebied. Die hoofstad is Garbahaarreey en die grootste stad is Kismaayo. Jubaland het 'n oppervlakte van sowat 137,712 km² en sowat 1 300 000 inwoners in 2005 gehad. Die gebied se oostelike grens lê 40–60 km oos van die Jubbarivier, wat strek van Gedo tot by die Indiese Oseaan, terwyl sy westelike kant die Noordoostelike Provinsie aan Kenia grens, wat gedurende die koloniale tydperk uit Jubaland gekerf is.[1]

Jubaland het 'n totale oppervlakte van 137,712 km2.[2][3] Die gebied bestaan uit die provinsies Gedo, Benede-Juba en Middel-Juba. Sy grootste stad is Kismayo, wat aan die kus naby die monding van die Jubbarivier geleë is. Bardera, Afmadow, Bu'aale, Luuq, Garbahareey en Beled Haawo is die streek se ander vernaamste stede.

Gedurende die Middeleeue het die invloedryke Somaliese Ajuran-sultanaat oor die gebied geheers, gevolg deur die Geledi-sultanaat. Hulle is later by Brits-Oos-Afrika ingelyf. In 1925 is Jubaland aan Italië afgestaan, wat 'n deel van Italiaanse Somaliland vorm. Op 1 Julie 1960 het die streek saam met die res van Italiaans Somaliland en Brits Somaliland deel geword van die onafhanklike Somaliese Republiek.

Jubaland was later die terrein van talle veldslae tydens die burgeroorlog. Aan die einde van 2006 het Islamitiese militante beheer oor die grootste deel van die streek verkry. Om besit van die gebied terug te eis, is 'n nuwe outonome administrasie genaamd Azanië in 2010 aangekondig en die volgende jaar geformaliseer. In 2013 is die Juba Tussentydse Administrasie amptelik gestig en erken. Dit is nou een van die vyf outonome administrasies in Somalië.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Vroeë Tye

[wysig | wysig bron]

Die streek het waarskynlik in antieke tye 'n rol in wêreldhandel deur sy hawens gespeel. Talle dorpe aan die Juba het minstens sedert die Middeleeue bestaan, soos Bardera of die hawe van Kismayo. Tot in die 17de eeu was die streek deel van die Sultanaat van Ajuuraan, het vanaf 1836 onder die invloed van die Sultanaat van Muskat gekom en is by die Sultanaat van Zanzibar gevoeg toe dit op 19 Oktober 1856 verdeel is.

Koloniale Era

[wysig | wysig bron]
Seëls van die Italiaanse Oltre Giuba 1926

Zanzibar het op 7 November 1890 'n Britse protektoraat geword en het sy Oos-Afrikaanse besittings op 1 Julie 1895 aan Brittanje afgestaan. Die gebiede wes van die Jubarivier het dus aan Brits-Oos-Afrika behoort voordat dit in 1924 as Trans-Juba of Oltre Giuba na Italië oorgedra is en op 30 Junie 1926 by Italiaanse Somaliland ingelyf is. Trans-Juba het destyds 87 000 km² beslaan met 'n bevolking van 120 000 mense.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die gebied deur Britse troepe beset en was tot 1947 onder militêre administrasie. Vanaf 1947 tot Somalië se onafhanklikheid op 1 Julie 1960 was Jubaland deel van die Italiaanse Trustgebied van Somalië.

Burgeroorlog

[wysig | wysig bron]

Jubaland

[wysig | wysig bron]
Voormalige vlag van Jubaland (1998)

In die Somaliese burgeroorlog sedert 1991 is daar tussen verskeie strydende faksies oor Jubaland geveg. In Desember 1993 het krygsheer Siad Hersi Morgan Kismaayo ingeneem. Met sy SPM-Harti het hy op 3 September 1998 die onafhanklike staat Jubaland geproklameer, maar dit is deur geen anser staat erken nie. Siad Hersi en die SPM-Harti is in 1999 deur die opponerende Juba Valley Alliance (JVA) omvergewerp. Die JVA het op 18 Junie 2001 by die tussentydse regering van Somalië aangesluit, met Jubaland nou nominaal onder hul beheer. Gevegte het voortgegaan met Siad Hersi. In 2006 het die Unie van Islamitiese Howe die mag in Jubaland en baie ander dele van die land oorgeneem en die JVA verdryf. Ná die Unie se nederlaag deur internasionale troepe het radikale Islamitiese milisies onder Al-Sjabaab in die suide gevorm.

Azanië-staat van Somalië

[wysig | wysig bron]
Vlag van Azanië  (2011)

Vanaf 2010 het inwoners in die suide 'n nuwe sekulêre administrasie en stabiliteit in die streek begin soek. Uiteindelik, op 3 April 2011, het Somaliese politici die Republiek Azanië in die Keniaanse hoofstad Nairobi gestig.[4] Toe dit gestig is, is die outonome republieke in die noorde van die land, soos Puntland of Galmudug, as model geneem. Die eerste president van die nuwe republiek was Mohamed Abdi Gandhi, die voormalige minister van verdediging van Somalië.[5] Die naam Azanië, volgens Gandhi, is gekies vir sy historiese betekenis – oorspronklik is die Somaliese kus so deur Egiptiese matrose genoem weens die oorvloedige voorraad kos. In sy woordoorsprong beteken dit "land van oorvloed".[6]

Toe Jubaland in Oktober 2011 van Al-Sjabaab bevry is, het die streek voordeel getrek uit die Keniaanse operasie Linda Nchi (Afrikaans: verdedig die nasie), waarmee Kenia militêr in die burgeroorlog ingegryp het. Waarnemers het vermoed dat Kenia 'n buffersone via die Republiek Azanië wou oprig en invloed wou verkry oor die oliereserwes wat vermoedelik in die streek is.[7]

Jubaland Staat van Somalië

[wysig | wysig bron]
Vlag van Jubaland Staat van Somalië

Afgevaardigdes by 'n "staatskonferensie" in Kismayo op 2 April 2013 het 'n voorlopige grondwet vir Jubaland aanvaar. [8] Op 15 Mei 2013 het 'n grondwetgewende vergadering Ahmed Mohamed Islam, bekend as "Madobe", as die nuwe president verkies. Hoewel Madobe, leier van die Ras Kamboni-milisie, suksesvol opgetree het teen militante wat na bewering met Al-Kaïda verbind is, is die voormalige krygsheer deur die regering in Mogadisjoe as ongewild beskou. Ure later het die voormalige oorlogdheer, Barre Hiirale, homself as die regmatige president van die streek verklaar,[9] maar het min ondersteuning gevind behalwe die welwillendheid van die sentrale regering.

Op 28 Augustus 2013 het die outonome regering 'n nasionale versoeningsooreenkoms met die Somaliese federale regering onderteken. Die ooreenkoms is deur Ethiopië bemiddel en het bepaal dat Jubaland vir die volgende twee jaar deur 'n tussentydse regering onder Ahmed Mohamed Islam regeer sal word. Beheer van die Kismayo-hawe en -lughawe sal vroeg in 2014 in ruil aan die federale regering oorhandig word, met opbrengs wat vir openbare dienste en instellingsbou in Jubaland geoormerk is. Die ooreenkoms maak ook voorsiening vir die integrasie van die streek se militêre magte in die Somaliese weermag, terwyl die tussentydse regering beheer oor die streekpolisiemag behou.[10] Verteenwoordigers van die AU, VN, EU en IGAD was ook teenwoordig by die ondertekening.[11] Die VN se spesiale gesant vir Somalië, Nicholas Kay, het die ooreenkoms 'n "deurbraak wat die deur oopmaak na 'n beter toekoms vir Somalië" genoem.[12]

Demografie

[wysig | wysig bron]

Jubaland het 'n totale bevolking van ongeveer 2,5 miljoen inwoners met die meerderheid wat uit die Darood-stam kom, ook is daar Rahanweyn-, Hawiye- en Dir-stamme teenwoordig. Vanaf 2005 het die samestellende administratiewe streke van Gedo, Laer-Juba en Middel-Juba onderskeidelik 'n geskatte 328 378, 385 790 en 238 877 inwoners gehad [2] Hoofsaaklik van Rahanweyn-, Hawiye-, Dir- en Darood-stamme [13]

Vervoer

[wysig | wysig bron]

Lugvervoer in Jubaland word deur 'n aantal lughawens bedien. Dit sluit die Bardera-lughawe, Garbaharey-lughawe en Kismayo-lughawe in.

Administratiewe afdelings

[wysig | wysig bron]

Jubaland se drie samestellende administratiewe streke is:

  • Gedo
  • Laer Juba (Jubbada Hoose)
  • Middel-Juba (Jubbada Dhexe) – bly onder beheer van Al-Sjabaab

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Osman, Mohamed Amin AH (1993). Somalia, proposals for the future. SPM. pp. 1–10.
  2. 2,0 2,1 "Regions, districts, and their populations: Somalia 2005 (draft)" (PDF). UNDP. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 Julie 2017. Besoek op 21 September 2013.
  3. "Area Calculator – Outline a property on a google map and find its area". mapdevelopers.com. Besoek op 28 November 2017.
  4. http://www.news.com.au/breaking-news/somalia-creates-new-state-azania/story-e6frfku0-1226033210285 Geargiveer 10 Maart 2016 op Wayback Machine, Somalia creates new state, Azania, news.com.au , 2011-04-04 , besoek 2012-04-11}}
  5. http://blog.foreignpolicy.com/posts/2011/04/06/welcome_to_azania_somalias_newest_pseudostate Geargiveer 7 September 2014 op Wayback Machine ,Welcome to Azania/Jubaland: The world’s newest pseudostate,Foreign Policy,2011-04-06 , besoek 2012-04-11
  6. http://www.somaliareport.com/index.php/post/455 ,Azania President Vows To Defeat Al-Shabaab, Abdifitah Ibrahim, 2011-06-04, Somaliareport.com , besoek 2014-01-05 , argief https://web.archive.org/web/20120613222106/http://www.somaliareport.com/index.php/post/455 , argiefdatum=2012-06-13
  7. http://www.bbc.co.uk/news/world-africa-15499534 ,Are Kenyans seeking a buffer zone in Somalia? , BBC News, 2011-10-20 , besoek 2012-04-11}}
  8. Somalia: Jubaland conference continues with provisional constitution, http://www.garoweonline.com/artman2/publish/Somalia_27/Somalia_Jubaland_conference_continues_with_provisional_constitution.shtml Geargiveer 5 April 2013 op Wayback Machine wayback=20130405020550. Garowe Online (2 April 2013). Besoek op 22 April 2013.
  9. "Former Islamist warlord elected president of Somali region". Reuters. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2013. Besoek op 5 Januarie 2014.
  10. "Somalia: Jubaland gains recognition after intense bilateral talks in Ethiopia". Garowe Online. 28 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2013. Besoek op 11 September 2013.
  11. Wendoson, Abera. "Somalia gives recognition to Jubaland interim administration". Ethiopian Herald. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2013. Besoek op 11 September 2013.
  12. Sisay, Andualem (29 Augustus 2013). "Somali government and Jubaland strike a peace deal". Africa Review. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2017. Besoek op 11 September 2013.
  13. "Kenya's Intervention in Somalia | Center for Strategic and International Studies". csis.org. Besoek op 28 November 2017.