Zanzibar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Zanzibar (/ˈzænzbɑːr/; Arabies: زنجبار‎‎ Zanjibār), is 'n semi-outonome deel vanTanzanië in Oos-Afrika. Dit bestaan uit die Zanzibar Skiereiland in die Indiese Oseaan, 25 tot 50 kilometers vanaf die kus van die vasteland, en bestaan uit talle klein eilandjies. Die twee grotes is: Unguja (die hoofeiland, waarna informeel verwys word as Zanzibar) en Pemba. die hoofstad is Zanzibarstad en is op die eiland van Unguja gesetel. Die historiese sentrum is Stone Town wat 'n Wêrelderfenisgebied is.

Zanzibar se hoofnywerheid is speserye, raffia en toerisme. Die eilande produseer in besonder naeltjieskaneelneutmuskaat en peper. Dit is hieroor dat die eilande, saam met Tanzanië se Mafia-eiland, soms die Spesery-eilande genoem word ('n uitdrukking  wat met die Molukke in Indonesië vereenselwig word). Zanzibar is die tuiste van die endemiese colobus aap, die Zanzibar servaline muskeljaatkat, en die (moontlik uitgestorwe) Zanzibar luiperd.

Etimologie[wysig | wysig bron]

Die woord Zanzibar se oorsprong is van die Arabiese Zanjibār (زنجبار), wat op sy beurt Persies is Zang-bār (زنگبار), 'n samestelling van Zanj (زنگ, "Swart") + bār (بار, "kus").

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Voor 1498[wysig | wysig bron]

Die teenwoordigheid van mikrolitiese toerusting dui aan dat dit vir minstens 20 000 jaar die tuiste van mense was, wat die begin van die Later Steentydperk se mense geword het.

'n Grieks-Romeinse teks, wat dateer uit die 1ste tot die 3de eeu NC- die Periplus van die Eritrese See- verwys na die eiland van Menuthias (Antieke Grieks: Μενουθιάς), wat moontlik Unguja is.:pages: 26–7 Daar is min bekend oor die geskiedenis van Zanzibar in die tydperk tussen die tydvak van die Periplus en die dood van Mohammed in 632 NC.:page: 36 Van daardie tyd af verder, het die oorloë in Asië en die toenemende handel die Persiërs, Arabiere, en Indiërs gemotiveer om Zanzibar te besoek of daarheen te migreer.:page: 40

Persiese handelaars het Zanzibar gebruik as 'n basis vir hul reise tussen die Midde-Ooste, Indië, en Afrika. Unguja, die groter eiland, het 'n beskermende en verdedigbare hawe gebied. So, hoewel die skiereiland min produkte van waarde gebied het, het die Persiërs hulle gevestig by, wat bekend geword het as Zanzibarstad ("Steenstad"- Stone Town). Dit was gerieflik om daarvandaan handel te dryf met die Swahili kusgebiede. Hulle het wagposte op die eilande gevestig en die eerste Zoroastriese vuurtempels en moskees in die Suidelike Halfrond gebou.

Die impak van hierdie handelaars en immigrante op die Swahili-kultuur is nie bekend nie. In die Middeleeue was Zanzibar en ander nedersettings op die Swahili-kus reeds ontwikkel. Die kusgebied het 'n aantal onafhanklike handels-stede gehad. Hierdie stede het ryk geword namate die Bantoevolke (Swahili-volke) as tussenganger en fasiliteerder gedien het vir die plaaslike mense, die Arabiere, Persiërs, Indonesiërs, Maleisiërs, Indiërs, en Chinese handelaars. Dié interaksie het in 'n mate bygedra tot die evolusie van die Swahili-kultuur, wat sy geskrewe taal ontwikkel het. Hoewel dit 'n Bantoetaal is, bevat Swahili sekere elemente wat geleen is van ander beskawings, in besonder Arabiese leenwoorde. Met die weelde wat hulle deur hul handel opgebou het, het sommige Arabiese handelaars ook heersers van die kusstede geword.

Vasco da Gama se besoek in 1498 was die begin van die Europese invloed. Zanzibar het in 1503 of 1504 deel van die Portugese Ryk geword toe Kaptein Ruy Lourenço Ravasco Marques daar aan wal gestap en respek en onderdanigheid van die sultan geëis het, in ruil vir vrede.:page: 99 Zanzibar was vir byna twee eeue die eiendom van Portugal. Die eerste Engelse skip wat Unguja besoek het, die Edward Bonaventure in 1591, het ontdek dat daar geen Portugese wagposte of forte was nie. Die omvang van hul okkupasie was 'n handelsdepot waar produkte aangekoop en versamel was vir die verskeping na Mosambiek. Die omvang van hul besetting was beperk tot 'n handelspos om produkte aan te koop en te versamel vir die verskeping na Mosambiek.:page: 81 Hierdie onbetrokke benadering het in 1635 verander toe die Portugese 'n fort by Pemba gebou het nadat die Sultan van Mombasa 'n paar jaar vantevore Portugese burgers uitgemoor het.:page: 85

Sultanate van Zanzibar[wysig | wysig bron]

Die ou kasteel in Zanzibar

Die ouer nedersettings is baie opmerklik verskillend van die heerskappy van Oman en Maskat. Toe die Portugese in 1498 aangekom het was daar aan die kus 'n aantal onafhanklike dorpe waar Arabiere gebly het wat geen bande met Arabië gehandhaaf het nie. Die verhoudinge met die Arabiere was oor die algemeen vyandelik, maar gedurende die 16de eeu het die Portugese hul mag behoorlik gevestig en met die hulp van die Arabiese sultans geheers. Die stelsels het tot 1631 gehou toe die Sultan van Mombassa die Europeërs uitgemoor het. In die laaste tydperk van die Portugese oorheersing is Europese goewerneurs aangestel wat die plaaslike bevolking swak behandel het. Die Arabiere van Oman se hulp is deur die boorlinge ingeroep om die buitelanders uit hul land te verdryf.:page: 9

In 1698 val Zanzibar en word deur Oman oorgeneem.

'n Zanj-slawe in Zanzibar (1899)

Die sultans van Zanzibar het omstreeks 1890 'n aansienlike deel van die Swahilikus, wat bekend gestaan het as die Zanj, wat Mombasa en Dar-es-Salaam, ingesluit het, beheer. Aan die begin van 1886, span Groot Brittanje en Duitsland saam om dele van die Zanzibar- sultanate vir hul eie ryke in te palm.:page: 188

Die nou gangetjie in die steenstad van Zanzibar.

Britse protektoraat[wysig | wysig bron]

'n Monument ter herinnering aan die slawe van Zanzibar

Zanzibar het uiteindelik onder die beheer van die Britse Ryk geval; gedeeltelik vir die politieke inisiatief van die 19de eeu om die Britse slawehandel afgeskaf te kry. Zanzibar was die die sentrale punt van die Arabiese slawehandel, en in 1822 plaas die Britse raad in Muscat druk op Sultan Said om die slawehandel te staak. Die eerste van 'n reeks van anti-slawerny ooreenkomste is deur Said onderteken om die vervoer van slawe suid en oos van die Moresby-lyn, vanaf Kaap Delgado in Afrika tot by die Diu-gebied aan die kus van Indië stop te sit. Said het onder toenemende druk van die Britte gekom, en in 1842 lig die Britse regering die Zanzibar-heerser in dat hulle slawehandel na Arabië, Oman, Persië en die Rooisee wil afskaf.

'n Straattoneel in Zanzibar gedurende die 20ste eeu

In 1890 word Zanzibar 'n Britse protektoraat (nie 'n kolonie) van Brittanje. Dit het beteken dat die land nog 'n soewereine staat van die Sultan van Zanzibar gebly het.

Van 1890 tot 1920 was tradisionele visierskappe in beheer. Hulle het onder die wakende oog van raadgewers van die koloniale kantoor regeer.  In 1913 het daar egter 'n verandering gekom na 'n stelsel van regstreekse heerskappy waar die inwoners seggenskappy gekry het in die aanstel van goewerneurs. Die dood van die pro-Britse Sultan Hamad bin Thuwaini op 25 Augustus 1896 en met sy opvolger, Sultan Khalid bin Barghash, wat nie die Britte aangestaan het nie, hetdit uiteindelik gelei tot die Anglo-Zanzibar-oorlog. Die oggend van 27 Augustus 1896  verwoes die Britse Vloot die Beit al Hukum-paleis. 'n Skietstilstand is 38 minute later gesluit, en tot vandag toe staan die bombardering bekend as die kortste oorlog in die geskiedenis.

Einde van die Britse Protektoraat, selfregering, en uiteindelik samesmelting met Tanganjika[wysig | wysig bron]

President Abeid Karume

Op 10 Desember 1963 word die protektoraat, wat sedert 1890 in Zanzibar regeer het, deur Brittanje afgeskaf. Die Verenigde Koninkryk het nie onafhanklikheid, as sulks, aan Zanzibar toegestaan nie, aangesien die Britse regering nooit soewereine beheer oor die gebied gehad het nie. Met die afskaffing van die protektoraat het Zanzibar 'n grondwetlike monargie onder beheer van die sultan geword. 'n Maand later, op 12 Januarie 1964, is Sultan Jamshid bin Abdullah egter met die Zanzibar-rewolusie omver gewerp. Die sultan vlug na ballingskap en die sultanaat word vervang met die volksrepubliek van Zanzibar en Pemba. In April 1964 smelt die republiek saam met die vasteland van Tanganjika. Hierdie verenigde republiek van Tanganjika word herdoop na 'n vermenging van die twee lande se name om die Verenigde Republiek van Tanzanië- 'n semi-onafhanklike land te word.

Demografie[wysig | wysig bron]

'n Straattoneel in die Steenstad
Vars produktehandelaars by die mark

Die 2002 sensus is die jongste syfers wat aandui dat Zanzibar se totale bevolking toe 984 625 mense was – met 'n jaarlikse groeikoers van 3.1%. Die bevolking van die stad Zanzibar, die gootste stad, was 205 870.

Etniese oorsprong en tale[wysig | wysig bron]

Die mense van Zanzibar is van 'n diverse ertniese oorsprong. Dit blyk of die eerste permanente inwoners van Zanzibar die voorvaders was van die Bantoe Hadimoe en Tumbatoe mense wat omstreeks 1000NC uit die Groot Mere-gebied daar begin aankom het.

Zanzibar bestaan deesdae merendeels uit etniese Swahilis, wat een van die Bantoevolke is. Daar is ook Arabiere en Indiërs wat ook deel uitmaak van die bevolking.

Die mense van Zanzibar praat Swahili (Kiswahili), 'n Bantoetaal wat wyd gepraat word in die Groot Mere-streek.  Saam met Engels is Swahili die twee amptelike tale in Tazanië. Baie van die plaaslike bevolking praat ook Frans, en/of Italiaans.

Die moskee en kerk is bymekaar in die steenstad van Zanzibar-stad

Regering[wysig | wysig bron]

As 'n semi-onafhanklike deel van Tanzanië, beskik Zanzibar oor sy eie regering.

Politiek[wysig | wysig bron]

Zanzibar het 'n regering van nasionale eenheid, met die huidige president, Ali Mohamed Shein, wat op 1 November 2010 verkies is.

Geografie[wysig | wysig bron]

Die kuslyn van Zanzibar
Die steenstad van Zanzibar-stad uit die lug uit.

Zanzibar is een van die Indiese Oseaan-eilande. Dit lê aan die Swahili-kus, langs Tanganjika (die vasteland van Tanzanië.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

'n Markstalletjie in Zanzibar se steenstad

Antieke pottebakkery dui aan dat die handelsroetes na Zanzibar terugdateer na die antieke Assirië. Handelaars uit die Arabiese Skiereiland, die Persiese Golf-streek van die hedendaagse Iran (in besonder Sjiraz), en wes-Indië het Zanzibar so ver terug as in die eerste eeu besoek. Hulle het die moesonwinde gebruik om oor die Indiese Oseaan te vaar om in die beskermende hawe van die hedendaagse Zanzibar-stad te land.

Kultuur[wysig | wysig bron]

Die kloktoring sigbaar deur die Islamitiese styl van deur in die steenstad van Zanzibar-stad 
ZIFF 2013

Zanzibar se bekendste gebeurtenis is die Zanzibar Internasionale Filmfees. Elke jaar in Julie word die beste van die Swahili- kusgebied se kunste ten toon gestel. Dit sluit in Zanzibar se gewilde musiek, Taarab.

Opvoeding[wysig | wysig bron]

In 2000 was daar 207 regeringskole en 118 privaatskole in Zanzibar. Daar was toe ook al twee universiteite en een kollege.

In die 1970's, 1980's en 1990's moes almal na skool diensplig doen, maar dit is deesdae vrywillig en min studente sluit aan. Die meeste gaan soek werk of gaan onderwyskollege toe.

Noemenswaardige mense[wysig | wysig bron]

Gallery[wysig | wysig bron]

Lees ook[wysig | wysig bron]

Buiteskakels[wysig | wysig bron]