Kampioentrofee 2029

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Kampioentrofee 2029
Datums Oktober – Oktober
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Indië Indië
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
2025
2033

Die Kampioentrofee 2029 (Engels: 2029 ICC Champions Trophy) sal in Oktober 2029 in Indië plaasvind. Dit sal die tiende Kampioentrofee in EDI-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en ná die 2006-toernooi die tweede in Indië.

Toewysing[wysig | wysig bron]

In 2016 het die IKR aangekondig om met die Kampioentrofee ná die 2017-toernooi weg te doen. Die IKR het die doelwit gehad om vir elkeen van die drie formate een toernooi te hê.[1] In November 2021 het die IKR egter aangekondig dat dié toernooi vanaf 2025 weer aangebied sal word.[2] In dieselfde maand is die Kampioentrofee 2029 deur die Internasionale Krieketraad aan Indië toegewys.[3]

Deelnemers[wysig | wysig bron]

Aan die Kampioentrofee 2029 sal agt spanne kan deelneem.[4]

Wedstryde[wysig | wysig bron]

Die spanne sal in twee groepe van vier spanne elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die boonste twee spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners van hierdie wedstryde sal in die eindstryd ontmoet.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Test Championship to replace Champions Trophy". ESPNcricinfo. 29 Junie 2013. Besoek op 26 April 2022.
  2. (en) "USA to stage T20 World Cup: 2024–2031 ICC Men's tournament hosts confirmed". Internasionale Krieketraad. Besoek op 26 April 2022.
  3. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  4. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.


Kampioentrofee Cricketball.svg

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029