Internasionale eendagwedstryd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
'n Internasionale eendagwedstryd tussen Australië en Indië in Melbourne.

'n Internasionale eendagwedstryd (Engels: One Day International, afgekort ODI of EDI) is 'n tipe krieketwedstryd waar twee internasionale spanne op een dag 'n beperkte aantal boulbeurte speel (gewoonlik 50 elk). Die Krieketwêreldbeker word onder andere in hierdie formaat gespeel. In Afrikaans word die afkorting EDI gebruik om na internasionale eendagwedstryde te verwys.

Internasionale eendagwedstryde is in die laat twintigste eeu ontwikkel. Die eerste EDI is op 5 Januarie 1971 tussen Australië en Engeland op die Melbourne-krieketveld beslis. Nadat die eerste drie dae uitgereën het, het wedstrydbeamptes besluit om die toets af te las en eerder 'n eendagwedstryd van 40 agt-bal boulbeurte te speel. Australië wen die wedstryd met 5 paaltjies.

Op die oomblik het 16 lande EDI-status en kan daarom aan EDI-wedstryde deelneem. Dit sluit al die lande wat toetskrieket speel in, sowel as lande wat tydelike EDI-status van die Internasionale Krieketraad ontvang het. Die doel van tydelike status is om opkomende krieketlande die geleentheid te gun om teen die toplande mee te ding.

Spanne met EDI-status[wysig | wysig bron]

Lande met permanente EDI-status[wysig | wysig bron]

Lidlande van die Internasionale Krieketraad volgens status: ██ Volle lidlande ██ Geassosieerde lede ██ Geaffilieerde lede ██ Nie-lidlande

Die twaalf lande met permanente EDI-status is (hul eerste EDI-wedstryd in hakkies):

Lande met 'n tydelike EDI-status[wysig | wysig bron]

Die vyf lande met 'n tydelike EDI-status is:

  • Vlag van Skotland Skotland (sedert 27 Junie 2006, tot en met Krieketwêreldbeker-kwalifikasie 2018)
  • Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate (sedert 1 Februarie 2014, tot en met Krieketwêreldbeker-kwalifikasie 2018)
  • Vlag van Hongkong Hongkong (sedert 1 Mei 2014, tot en met Krieketwêreldbeker-kwalifikasie 2018)
  • Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee (sedert 8 November 2014, tot en met Krieketwêreldbeker-kwalifikasie 2018)
  • Vlag van Nederland Nederland (vir die IKR se EDI-liga 2020–22)

Lande met 'n voormalige EDI-status[wysig | wysig bron]

Lande kan hulle EDI-status verloor deur swak prestasies by die Wêreldbeker vir B-lande of deur 'n besluit van die IKR. Daar is ook lande wat tydelike EDI-status verkry het om aan 'n bepaalde toernooi deel te neem.

  • Vlag van Kenia Kenia (van 10 Oktober 1997 tot 30 Januarie 2014)
  • Vlag van Kanada Kanada (van 16 Mei 2006 tot 28 Januarie 2014)
  • Vlag van Bermuda Bermuda (van 17 Mei 2006 tot 8 April 2009)
  • Vlag van Ierland Ierland (van 13 Junie 2006 tot einde 2017)
  • Vlag van Nederland Nederland (van 4 Julie 2006 tot 28 Januarie 2014)
  • Vlag van Afghanistan Afghanistan (van 19 April 2009 tot tot einde 2017)

Spesiale EDI-status[wysig | wysig bron]

Soms kan die EDI-status deur die IKR ook vir spesiale geleenthede soos krieketwêreldbekers of kontinentale bekers toegeken word.