Internasionale Krieketraad
Internasionale Krieketraad | |
---|---|
Kenteken van die Internasionale Krieketraad
| |
Engelse naam | International Cricket Council |
Afkorting | ICC |
Land | wêreldwyd |
Sportsoort | Krieket |
Gestig op | 15 Junie 1909 |
Gestig in | Lord’s, Londen, Engeland |
Gestig deur | Australië, Engeland en Suid-Afrika |
Voorsitter | Jay Shah |
Hoof- uitvoerende beampte | Geoff Allardice |
Hoofbestuurder | Wasim Khan |
Setel | Doebai, Verenigde Arabiese Emirate (sedert 2005) Londen, Engeland (1909–2005) |
Lede | 108 lidunies (12 volle lede en 96 medelede) |
Affiliasie | Internasionale Olimpiese Komitee |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | icc-cricket.com |
Die Internasionale Krieketraad (afgekort: IKR; Engels: ICC vir International Cricket Council) is die internasionale beheerliggaam van krieket. Hulle organiseer internasionale toetskrieket sowel as internasionale eendagwedstryde. Vir die opstelling van die krieketwette is egter sedert 1788 die Marylebone-krieketklub (MKK, Engels: Marylebone Cricket Club) verantwoordelik.[1]
Die Imperiale Krieketkonferensie is op 15 Junie 1909 as die Imperiale Krieketkonferensie gestig deur Australië, Engeland en Suid-Afrika op die Londense Lord’s. Op 31 Mei 1926 het Indië, Nieu-Seeland en Wes-Indië as volle lede aangesluit.[2] In 1952 het Pakistan gevolg, 1981 Sri Lanka, 1992 Zimbabwe, 2000 Bangladesj, asook in 2017 beide Afghanistan en Ierland. Die raad is in 1965 herdoop tot die Internasionale Krieketkonferensie en het in 1989 sy huidige naam aangeneem. In 2005 het die IKR sy hoofkantoor van die Lord’s-krieketveld in Londen na Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate verskuif.[3] Die amptelike taal is Engels. Die Internasionale Krieketraad se huidige voorsitter is die Nieu-Seelander Greg Barclay.
Konfederasies
[wysig | wysig bron]Internasionale Krieketraad het vyf konfederasies as lid, naamlik:
- Afrikakrieketvereniging
- IKR Amerikas
- Asiatiese Krieketraad
- Europese Krieketraad
- IKR Oos-Asië-Oseanië
Lidmaatskap
[wysig | wysig bron]Die IKR onderskei tussen twee vlakke van lidmaatskap:
Volle lidmaatskap
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Toetskrieket.
Vir die tradisioneel groot krieketlande. Hierdie lande kan toetswedstryde speel. Hierdie lande het twee stemme elk tydens IKR-vergaderings. Die volgende 12 lande is volle lede (in volgorde van aansluiting):
- Australië (sedert 15 Maart 1877)
- Engeland (sedert 15 Maart 1877)
- Suid-Afrika (tussen 12 Maart 1889 en 10 Maart 1970, weer sedert 18 April 1992)
- Wes-Indië (sedert 23 Junie 1928)
- Nieu-Seeland (sedert 10 Januarie 1930)
- Indië (sedert 25 Junie 1932)
- Pakistan (sedert 16 Oktober 1952)
- Sri Lanka (sedert 17 Februarie 1982)
- Zimbabwe (tussen 18 Oktober 1992 en 10 Junie 2004, 6 Januarie 2005 en 18 Januarie 2006 en weer sedert 3 Augustus 2011)
- Bangladesj (sedert 10 November 2000)
- Ierland (sedert 22 Junie 2017)
- Afghanistan (sedert 22 Junie 2017)
Assosiaatlede
[wysig | wysig bron]96 kleiner lande waar krieket 'n gevestigde sport is of as sport ontwikkel word, met een stem elk.
Daar was oorspronklik drie vlakke van lidmaatskap, maar die IKR het die geaffilieerde lidmaatskap in 2017 verwyder en alle voormalige geaffilieerde lede het geassosieerde lede geword.[4]
Voormalige lede
[wysig | wysig bron]- Broenei (1992–2015)
- Kuba (2002–2013)
- Marokko (1999–2019)
- Oos-Afrika (1966–1989)
- Oos- en Sentraal-Afrika (1989–2003)
- Rusland (2012–2022)
- Tonga (2000–2014)
- Wes-Afrika (1976–2003)
- Zambië (2003–2021)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Laws". Lord’s-krieketveld. Besoek op 22 Februarie 2024.
- ↑ (en) "1909–1963 – Imperial Cricket Conference". Internasionale Krieketraad. Besoek op 22 Februarie 2024.
- ↑ (en) "Cricket chiefs move base to Dubai". BBC. 7 Maart 2005. Besoek op 22 Februarie 2024.
- ↑ (en) "Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide-ranging governance reform". Internasionale Krieketraad. 22 Junie 2017. Besoek op 22 Februarie 2024.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Internasionale Krieketraad. |
- (en) Die IKR se amptelike webtuiste
- (en) Die IKR se Heldesaal
- (en) Die IKR se ranglys