Indiese nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Indië
Vlag van Indië
Toetskrieketland sedert 1932
Eerste Toets teen Engeland te Lord's, 25-28 Junie 1932
Kaptein in Toetse Virat Kohli
Kaptein in EDIs Virat Kohli
Kaptein in Twintig20 Virat Kohli
Afrigter Ravi Shastri
Plek op IKR Toets-, EDI- en T20I-ranglys 1ste (Toetse)
2de (EDIs)
5de (T20Is)
Totale toetse
 - Afgelope jaar
533
1
Laaste  Toets teen Australië, 3–7 Januarie 2019
Wen/verloor
 – Afgelope jaar
150/165
1/0
Soos op 15 Julie 2019

Die Indiese nasionale krieketspan, met die byname die Men in Blue[1] en Team India,[2] is die nasionale krieketspan van Indië. Dit word beheer en geadministreer deur die Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI), dit is 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets- en EDI-status.

Die Indiese krieketspan in aksie op Wankhedestadion.

Hoewel die spel krieket reeds in die 18de eeu na Brits-Indië gebring is deur Europese handelsmatrose, en die eerste krieketklub in Indië al in 1792 in Kalkutta gestig is, het Indië se nasionale krieketspan eers hul eerste toets op 25 Junie 1932 op Lord’s in Engeland gespeel.[3] Hulle word die sesde span om toetskrieketstatus te ontvang. In sy eerste vyftig jaar van internasionale krieket was Indië een van die swakste spanne in internasionale krieket, hulle wen slegs 35 van die 196 toetse wat hul gespeel het gedurende dié tydperk.[4]

Die Indiese krieketspan is tans eerste op die IKR-ranglys in toetse, tweede in eendagwedstryde en vyfde in T20Is soos deur die IKR bepaal.[5][6][7] Tans is Virat Kohli hulle kaptein in alle vorms van die spel en Ravi Shastri is die afrigter. Onder die leierskap van Dhoni hou die Indiese span die nasionale rekord vir die meeste opeenvolgende EDI-oorwinnings (nege oorwinnings) en tree na vore as een van die gedugste spanne in internasionale krieket.[8] Die Indiese krieketspan ding in kragmetings mee teen ander toetsspelende lande, veral met Pakistan, die politieke aartsvyand van Indië. Die afgelope tyd het tweestryde met lande soos Australië, Engeland en Suid-Afrika ook bekendheid verwerf.

Rekords[wysig | wysig bron]

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Met 619 paaltjies is Anil Kumble die wêreld se derde beste paaltjienemer in toetse en Indië se beste toets- en EDI-paaltjienemer[9]
Sachin Tendulkar vier sy 38ste toetshonderdtal tydens 'n wedstryd teen Australië in 2008. Tendulkar hou verskeie wêreldrekords, insluitende die wêreld se voorste draaibouler en meeste honderdtale in beide toetse en EDIs[10]
Jaar Uitslag
1975 Groepfase
1979 Groepfase
1983 Kampioen
1987 Halfeindrondte
1992 Groepfase
1996 Halfeindrondte
1999 Super 6
2003 Naaswenner
2007 Groepfase
2011 Kampioen
2015 Halfeindrondte
2019 Halfeindrondte
2023 Gekwalifiseer

Twintig20-rekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
2007 Kampioen
2009 Super 8
2010 Super 8
2012 Super 8
2014 Naaswenner
2016 Halfeindrondte
2020 Gekwalifiseer

Kampioenetrofee-rekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1998 Halfeindrondte
2000 Naaswenner
2002 Gesamentlike kampioene met Sri Lanka
2004 Groepfase
2006 Groepfase
2009 Groepfase
2013 Kampioen
2017 Naaswenner

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Desk, India com Sports (23 Junie 2019). "'Are You Out of Your Mind'? BCCI Draws Flak on Social Media After India's Nail-Biting Win vs AFG | POSTS". India.com. Besoek op 16 Julie 2019.
  2. (en) Julie 2019, ANI | 07; Ist, 08:21 Am Ist, World Cup 2019: Indian fans celebrate as ‘men in blue’ defeat Sri Lanka by 7 wickets, https://economictimes.indiatimes.com/news/sports/world-cup-2019-indian-fans-celebrate-as-men-in-blue-defeat-sri-lanka-by-7-wickets/videoshow/70111541.cms, besoek op 16 Julie 2019 
  3. "A brief history of Indian domestic cricket | Cricket News | India | ESPNcricinfo". ESPNcricinfo. 1 Januarie 1970. Besoek op 16 Julie 2019.
  4. "India – Results Summary from 1932–1982". ESPNcricinfo – Statsguru. Besoek op 16 Julie 2019.
  5. Men's Test Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.
  6. Men's ODI Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.
  7. Men's T20I Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.
  8. "India number one team in the world". Espnstar.com. 23 Februarie 2009. Besoek op 16 Julie 2019.
  9. (en) "ESPNcricinfo profile: Anil Kumble". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Julie 2019.
  10. (en) "ESPNcricinfo profile: Sachin Tendulkar". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Julie 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]