Kariba-kurper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kariba-kurper
Bewaringstatus

Status iucn3.1 CR af.svg
Kritiek bedreig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Cichlidae
Subfamilie: Pseudocrenilabrinae
Genus: Oreochromis
(Günther, 1889)
Spesie: O. mortimeri
Binomiale naam
Oreochromis mortimeri
(Trewavas, 1966)[1]
Sinonieme
  • Sarotherodon mortimeri
  • Sarotherodon mossambicus mortimeri (Trewavas, 1966)
  • Tilapia mortimeri(Trewavas, 1966)
  • Tilapia mossambica (non Peters, 1852)
  • Tilapia mossambica mortimeri (Trewavas, 1966)

Die Kariba-kurper (Oreochromis mortimeri) is 'n varswatervis wat in die middelste gedeelte van die Zambezirivier en die Luangwarivier, 'n sytak van die Zambezirivier, voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Kariba tilapia.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis is helder olyfblou of bronskleurig en die keelgedeelte is dofgroen of swart. Mannetjies ontwikkel 'n konkawe kopprofiel. Die vis word tot 43 cm lank en weeg dan 4 kg. Die Zimbabwe-hengelrekord is 3.43 kg. Die vis lyk baie soos die bloukurper.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in beskermende en stil water van groot riviere. Hulle vreet alge, diatome, detritus, insekte en soöplankton. Hulle broei feitlik die hele jaar; elke wyfie lewer verskeie kleintjies op 'n slag. Die mannetjie maak 'n pieringvormige nes.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]