Karpate

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
'n Kaart van die Karpate wat uitstaan as 'n donker strook begrens deur woude

Die Karpatiese Gebergte (Pools, Slowaaks en Tsjeggies: Karpaty, Oekraïns: Карпати [Karpaty], Roemeens: Carpați, Hongaars: Kárpátok, Serwies: Карпати [Karpati]) is 'n hooggebergte in Sentraal-, Oos- en Suidoos-Europa. Die Karpate word verdeel in die Beskide (met die Bieszczady), die Woudkarpate, die Oos-Karpate en die Suid-Karpate. Die gebergte is geleë in Hongarye, Oekraïne, Pole, Roemenië, Serwië, Slowakye en Tsjeggië. Die Karpate vorm 'n meer as 1300 km lange en 100-350 km wye boog, wat na die weste geopen is en naby Bratislava as voortsetting van die Alpe begin en weer in Noordwes-Serwië eindig. Die gebergte se hoogste deel vorm die Tatra met die Gerlachovský štít (2 655 m) aan die grens tussen Pole en Slowakye, gevolg deur die Suid-Karpate met die Moldoveanu (2 544 m) in Roemenië.